JY IS ’N NOODSAAKLIKE DEEL VAN SY AGENDA YOU’RE A NECESSARY PART OF HIS AGENDA

JY IS ’N NOODSAAKLIKE DEEL VAN SY AGENDA Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Ons is Gód se werkspan. Julle is Gód se saailand, Gód se gebou, nie ons s’n nie (1 Korintiërs 3:9). Een van die dinge wat van die grootste belang in jou lewe moet wees, is om ’n aktiewe deel God se agenda te wees. Jy moet die evangelie voorthelp en toesien dat die kennis van verlossing die aarde bedek, soos die water die see bedek. Dit behoort jou dryfkrag en doelwit te wees in alles wat jy doen. Die rede waarom jy in daardie besigheid isRead More →

BEVESTIG SY WAARHEDE AFFIRM HIS TRUTHS

BEVESTIG SY WAARHEDE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Omdat ons dieselfde geloofsgesindheid het as waarvan daar geskryf staan: “Ek het geglo; daarom het ek gepraat,” glo ons steeds en daarom hou ons ook aan met preek (2 Korintiërs 4:13). 2 Timoteus 3:1 vermaan dat daar in die eindtyd moeilike tye sal kom. Nietemin sê Romeine 8:35-37 dat jy, ten spyte van die verdrukking, nood, hongersnood, gevaar en pandemies wat die eindtyd sal kenmerk, niks hoef te vrees nie. Dit is omdat jy meer as ’n oorwinnaar is: “Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking ofRead More →

BETER AS SIEKTES EN KWALE SUPERIOR TO SICKNESS AND DISEASE

BETER AS SIEKTES EN KWALE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo: Hulle sal duiwels in my Naam uitdryf, en hulle sal in nuwe tale praat. Hulle sal slange ongedeerd kan hanteer en as hulle iets giftigs drink, sal dit hulle nie affekteer nie. Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word (Markus 16:17-18). Bogenoemde Skrif  is  buitengewoon;  dit openbaar iets treffend oor jou, die Christen, die nuwe skepping: jy is beter as siektes, kwale en swakhede. Jy het ’n lewe wat nie deur enige vorm van siekteRead More →

NIKS OM TE VREES NIE NOTHING TO FEAR

NIKS OM TE VREES NIE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Want elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof (1 Johannes 5:4). Daar is deesdae soveel negatiewe inligting in die wêreld en dit het vrees geplant in die van mense wat nie in die Woord gewortel en gegrond is nie. Dit mag inderdaad swaar tye wees, maar die Here Jesus het in Lukas 21:25-26 hierna verwys, deur ’n paar tekens van die eindtyd uit te lig. Hy het gesê: “Daar sal…onrus onder die nasies wees uit angs virRead More →

DIT GAAN OOR WOORDE IT’S ABOUT WORDS

DIT GAAN OOR WOORDE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word (Matteus 12:37). ‘n Groot rede waarom sommige Christene nog nooit die geestelike skoonheid en heerlikheid van die Christendom geniet het nie, is omdat hulle nog nooit die belangrikheid van woorde verstaan het nie. Al is hulle lankal wedergebore, sukkel hulle grotendeels. Sommige gee na baie jare van sukkel om die Christelike lewe te lei uiteindelik moed op, omdat hulle nie die grondbeginsels van die Christelike lewe verstaan nie.  Dit gaan oor woorde!Ons funksioneer deur woorde inRead More →

DIE “PIL” VAN GELOOF THE “PILL” OF FAITH

DIE “PIL” VAN GELOOF Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. As Ek kan, sê jy,” het Jesus hom geantwoord. “As ’n mens glo, is álles moontlik!” (Markus 9:23). Gestel jy kry ’n pil wat hulle sê jou gesond sal maak, maak nie saak watter krankheid of jou liggaam aangeval het, of waar die probleem lê nie. Wat sou jou reaksie wees? Ek is seker jy sou nie huiwer om dadelik ’n bestelling vir daardie pil te plaas nie. Jy sou sommer volop daarvan wou hê. Maar het jy geweet dat daar werklik so ’n ‘pil’ is? Dit word die ‘pil’Read More →

’N CHRISTEN KAN NIE BESETE WEES NIE A CHRISTIAN CAN’T BE DEMONPOSSESSED

’N CHRISTEN KAN NIE BESETE WEES NIE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee (Efesiërs 2:6). Baie mense vra: “Kan ’n christen besete wees?” ’n Christen kan deur ’n demoon beïnvloed word, maar hy kan nie regtig deur ’n demoon oorgeneem word nie. As ’n christen besete is, beteken dit dat hy of sy doelbewus sy of haar geloof in Christus prysgegee het, dit is afvalligheid. Volgens die Bybel is so ’n toestand onomkeerbaar, omdat die persoonRead More →

DIE CHRISTUS-KULTUUR THE CHRIST CULTURE

DIE CHRISTUS-KULTUUR Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is (Romeine 12:2). In die Christendom het ons ’n kultuur: dit is die Christus-kultuur. Baie mense kom na Christus met hul eie kulture en probeer op verskeie maniere om die Kerk te beïnvloed met hul wêreldse kulture. Maar die enigste kultuur wat ons moet aanneem is die kultuurRead More →

NEDERIGHEID IN DIENS VAN DIE HERE HUMILITY IN SERVING THE LORD

NEDERIGHEID IN DIENS VAN DIE HERE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. En julle, jong manne, erken die gesag van die ouderlinge. Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want: God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan húlle gee Hy sy genade (1 Petrus 5:5). Ek het deur die jare baie geestelik begaafde christene gesien, onder andere dienaars, wie se werk leeg geword het, omdat hulle nie in nederigheid gewandel het nie. Dit maak nie saak hoe begaafd jy is nie, as dit metRead More →

VERGROOT JOU GELOOF GROW YOUR FAITH

VERGROOT JOU GELOOF Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Broers en susters, dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter! (2 Tessalonisense 1:3). Dit is jou verantwoordelikheid om die mate van geloof wat God jou gegee het te vergroot en jy doen dit deur meer uit God se Woord te leer: “… geloof volg uit die hoor van die Woord van God. En die aanhoor van die word van God volg uit die prediking van die Goeie NuusRead More →