DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: MEMORISEER DIE SKRIF

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: MEMORISEER DIE SKRIF ‘Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees’ (Josua 1:8). Die uitdaging is dat ons vandag verskeie Bybelvertalings het asook Bybels in elektroniese toestelle, dit het dit al hoe moeiliker gemaak om teksverse te memoriseer. Jy kan baie maklik en vinnig verse in verskillende vertalings soek en opspoor, deur die druk van ’n knoppie. Maar dit moenie die plek of die belangrikheid van memorisering van Skrifgedeeltes, as deel van jou persoonlike geestelike groei,Read More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: OORDINK SY WAARHEDE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: OORDINK SY WAARHEDE Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee (2 Korintiërs 3:18). Soms kyk jy na jouself en dan lyk jy nie soos wat God sê jy moet nie. Selfs in hierdie feesseisoen, na alles wat hierdie jaar gebeur het, kan jy jou lewe in oënskou neem en wonder: “Wat is daar regtig om te vier? Die lewe was so moeilik.”Read More →

Daily Devotional: THE WORD ALIVE IN YOU

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE WOORD IS LEWEND IN JOU En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid (Johannes 1:14). Kersfees beteken dat die Woord gekom het; die Woord is gebore. Die Woord het vlees geword en in die strate geloop; hulle het sy heerlikheid aanskou totdat Hy gekruisig is. Maar God het Hom opgewek en openlik, met baie onteenseglike bewyse, gewys dat Hy sou leef. Nou bly Hy in jou. Prys die Here! Hulle het op die Woord gewag,Read More →

Daily Devotional: CHRISTMAS EVERY DAY

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ELKE DAG KERSFEES Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe (Efesiërs 2:10). Jesus is gebore sodat mense die goeie lewe kan hê, soos ons teksgedeelte onthul. In Johannes 10:10 het Hy gesê: “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.” Jy is nie gebore om bloot te lewe nie, maar om die goeie lewe te lei wat Hy vooraf vir jou voorberei het – ’n uitstekende lewe. Nou kan jy vol entoesiasme,Read More →

Daily Devotional: CELEBRATING THE INCARNATE AND THE LIVING WORD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VIER DIE LEWENDE EN VLEESGEWORDE …Wie My reeds gesien het, het ook reeds my Vader gesien. Hoe sê jy dan: “Wys ons die Vader? (Johannes 14:8-9). Alhoewel Kersfees, die viering van Jesus se geboorte, ongetwyfeld die gewildste vakansiedag in die wêreld is, is daar steeds baie mense wat nie weet wie Jesus regtig is nie. Vir sommige is Hy maar net ’n groot godsdiensleier. Jesus is egter nie bloot ’n godsdienstige leier of hervormer nie; Hyself is God. Jy moet die Woord van God bestudeer om dit te ontdek. In Johannes 5:39 het Jesus gesê: “… ondersoek die Skrifte, want ditRead More →

Daily Devotional: CHRIST ALIVE IN YOUR HEART

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: CHRISTUS WOON IN JOU HART Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het (Johannes 10:10). Kersfees gaan oor wie Jesus is en wat Hy kom doen het. Hy het nie gekom om ’n godsdiens te vestig nie. Hy het nie gekom om ons bloot te wys hoe om goeie dinge te doen nie; Hy het gekom om ons lewe te gee; God se lewe. God het ons gemaak en Hy wou hê dat ons sy soort lewe moesRead More →

Daily Devotional: TELL IT AROUND THE WORLD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERTEL DIT REGOOR DIE WÊRELD Toe het Hy hulle beveel:  Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral. Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word (Markus 16:15-16). Terwyl ons Jesus Christus se geboorte vier, is dit belangrik om te besef dat sy glorieryke wederkoms op hande is; baie nader as wat baie mense besef. Daarom moet ons ons pogings versterk om verlorenes te bereik, om dié in ons wêreld en in die streke daarbuite wat nie weet nie te vertel dat Hy die weg, dieRead More →

Daily Devotional: NEVER ASHAMED OF HIM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: NOOIT SKAAM VIR HOM NIE As jy jou vir My en vir my boodskap skaam te midde van vandag se ontroue en sondige mense, sal Ek, die Seun van die Mens, My ook vir jou skaam wanneer Ek terugkeer met die heilige engele, beklee met die heerlikheid van my Vader (Markus 8:38). Daar is sommige mense wat skaam is om met Jesus en sy kerk geïdentifiseer te word en hoe tragies is dit tog nie! Jou eenheid met die Here is die grootste, mees verhewe en koninklike identiteit ooit. Vier dit by elke geleentheid. Gryp elke oomblik aan om Jesus ChristusRead More →

Daily Devotional: MAKE YOUR LIFE GLORIOUS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERHEERLIK JOU LEWE Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen (Galasiërs 6:5). Sommige Christene probeer God blameer vir wat eintlik hulle verantwoordelikheid is. Dikwels wanneer iets onaangenaam gebeur, besluit hulle dat dit God se wil is, anders: “Waarom het Hy dit laat gebeur?” wonder hulle. Wat sulke mense moet besef, is dat ons die mag gegee is om dinge op aarde te verander en ons lewens so mooi te maak soos wat ons wil. Jy kan jou lewe verheerlik deur God se Woord uit te leef. In Matteus 17:20 was die Here Jesus beslis toe Hy gesê het:Read More →

Daily Devotional: WE’RE THE LIGHT...JUST LIKE JESUS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONS IS DIE LIG…NES JESUS Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie (Matteus 5:14). Ons lees in Johannes 8 van ’n sekere vrou wat in die daad van egbreuk betrap is en wat gestenig sou word. Maar sy het geweet waar Jesus was en haar na Hom toe gehaas. Die skare sit haar toe agterna en sê vir Jesus: “Meester, hierdie vrou is in ’n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?” (JohannesRead More →