Daily Devotional: CHRISTMAS EVERY DAY

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ELKE DAG KERSFEES

Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe (Efesiërs 2:10).

Jesus is gebore sodat mense die goeie lewe kan hê, soos ons teksgedeelte onthul. In Johannes 10:10 het Hy gesê: “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.”

Jy is nie gebore om bloot te lewe nie, maar om die goeie lewe te lei wat Hy vooraf vir jou voorberei het – ’n uitstekende lewe. Nou kan jy vol entoesiasme, vreugde en krag wees, groot dinge doen en jou wêreld elke dag seën. Dit kan elke dag vir jou Kersfees wees! Dit is God se plan en selfs nou sy Woord aan jou en sy Woord aan jou is al wat saak maak

Jy het iets om te vier, nie net hierdie feesseisoen nie, maar elke dag: sy lewe in jou; sy Woord in jou gees. Maak nie saak waar jy in hierdie wêreld is nie, ongeag die uitdagings waarvoor jy te staan kom, kan jy uitroep: ‘Ek is vry’, want Jesus het jou ‘n lewe gegee wat hierdie wêreld te bowe gaan, ‘n lewe wat beter is as die dekadensie en korrupsie van ‘n mislukte wêreld; ‘n lewe wat goddelik is; onbesmet en immuun teen siektes, kwale en krankhede; ‘n lewe wat onvernietigbaar is. Eer aan God!

Miskien leef jy in vrees as gevolg van ‘n ongunstige diagnose van jou dokters oor jou gesondheid; die lewe in jou is beter as daardie siekte. Jy het by die plek gekom waar siektes en kwale hul greep op jou verloor het. Laat staan die vrese. Wandel in die waarheid; leef in die waarheid.

Die waarheid is dat jy die God-lewe in jou het; jy is ‘n nasaat van die Woord. Groter is Hy wat in jou is as enige siekte wat kan probeer om homself aan jou te heg. Jy het diabetes, hartprobleme, borspyn, kanker, veselgewasse of enige ander gesondheidsuitdaging oorwin! Die krag van God is nou in jou. Sodat jou ELKE DAG in volmaakte gesondheid, voorspoed, vrede en vreugde kan lewe en dit kan geniet; dit is wat Kersfees beteken. Dis waarom Jesus gekom het (Johannes 10:10). Geseënd is sy Naam vir ewig.

BELYDENIS

Ek is ’n sukses; ek leef gesond, want die lewe van God is in my, die krag van God is in my. Geen siekte of swakheid kan in my liggaam floreer nie, want my liggaam is die tempel van die Heilige Gees! Ek lei die goeie lewe wat vir my vooraf berei is voor die grondlegging van die wêreld. Ek leef in die oorwinning, heerlikheid, heerskappy en geregtigheid van Christus; dit is ELKE DAG Kersfees! Halleluja!

VERDERE STUDIE:

1 Petrus 2:9 AMPC; Johannes 10:10 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *