DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: OORDINK SY WAARHEDE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
OORDINK SY WAARHEDE

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee (2 Korintiërs 3:18).

Soms kyk jy na jouself en dan lyk jy nie soos wat God sê jy moet nie. Selfs in hierdie feesseisoen, na alles wat hierdie jaar gebeur het, kan jy jou lewe in oënskou neem en wonder: “Wat is daar regtig om te vier? Die lewe was so moeilik.” As jy so dink of praat, gaan jy in die verkeerde rigting. Hou op om na omstandighede te kyk; kyk na die Woord.

Ons temavers sê, as jy die heerlikheid van God, dit is die Woord van God, in ’n spieël aanskou, word jy verander in dieselfde beeld wat jy in die Woord sien. Hoe meer jy God se Woord ondersoek (oordink), hoe meer weet jy wie jy is, sien jy wat jy het en wat jou vermoë en heerlikheid in Christus Jesus is. Lewensomstandighede is blote skaduwees; jy kyk nie na jou skaduwee om vas te stel wie jy is en hoe jy lyk nie; jy kyk in die spieël.

Die Bybel sê: “…Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid“ (Kolossense 1:27). Dit maak geen verskil wat jou ervaring was nie; Christus is in jou. Dit beteken dat daar heerlikheid in jou lewe is! Dit is wat die spieël wys. Dit is waaroor Kersfees gaan! Kersfees beteken dat Christus sy woning in jou opgeneem het; Hy is die heerlikheid van jou lewe. Hy het vir jou gekom om in jou te woon en deur jou te leef. Halleluja!

Aanvaar hierdie waarheid! Aanvaar wat God oor jou gesê het en wie Hy jou gemaak het, oordink dit! Wees dapper en bevestig: “Noudat Christus in my woon, sal ek nooit misluk nie; Ek is vir ewig ’n oorwinnaar en ek spreek elke dag en oral die heerlikheid en geregtigheid van sy heerlike koninkryk uit.’ Halleluja

Dink gedurende die feestyd na oor God se waarheid; wie jy is en wat jou erfdeel is in Hom. Jy is ‘n sukses. Jy het welvaart, gesondheid, vrede en veiligheid. Hy het jou ‘n buitengewone lewe gegee van toenemende vooruitgang en grootsheid. Glo dit, praat en leef daarvolgens.

BELYDENIS

Christus is in my; sy lewe vloei in elke vesel van my wese, elke sel van my bloed en elke been van my liggaam! Ek is wat God sê ek is. Ek het wat Hy sê ek het en ek kan doen wat Hy sê ek kan doen. Ek rig voortdurend my blik op die Woord en elke dag word ek verander na dieselfde beeld wat ek in die Woord sien. Die Woord word volledig uitgedruk in en deur my. Ek is ’n sukses vir Jesus! Prys die Here.

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 4:18; Jona 2:8; Jesaja 26:3

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *