Daily Devotional: CHRIST ALIVE IN YOUR HEART

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
CHRISTUS WOON IN JOU HART

Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het (Johannes 10:10).

Kersfees gaan oor wie Jesus is en wat Hy kom doen het. Hy het nie gekom om ’n godsdiens te vestig nie. Hy het nie gekom om ons bloot te wys hoe om goeie dinge te doen nie; Hy het gekom om ons lewe te gee; God se lewe. God het ons gemaak en Hy wou hê dat ons sy soort lewe moes hê en sy plan was dat Jesus die een sou wees wat ons die lewe sou gee.

Hy het ook beplan dat ons daardie lewe deur geloof sou ontvang, omdat sy Koninkryk nie deur die sintuie waargeneem kan word nie. Hebreërs 11:6 sê, sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Die Engelse Kerslied – “Hark! The Herald Angels Sing” stel dit bondig in sy vers: “…Born that man no more may die; born to raise the sons of earth; born to give them second birth.” Hoe mooi!

Die grootste ding is egter dat Christus in jou hart gebore is. Die Bybel sê: “…Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid” (Kolossense 1:27 – 1953 Vertaling). Ons praat van die Here, die Een wat uit die dood opgewek is en na die hemel opgevaar het, die Seun van die lewende God – wat sy woning binne-in jou hart opgeneem het! Dit beteken dat Hy een geword het met jou gees.

Geen wonder Petrus het gesê ons is medewerkers, kamerade van die God-soort nie (2 Petrus 1:4). Kersfees beteken dat jy in Christus is en Christus is nou in jou; jy het NOU die lewe en die natuur van God in jou! Halleluja! As jy nog nie daardie lewe ontvang het nie, kan jy dit nou doen. Blaai na die Gebed Om Verlossing op bladsy 76 en bid die gebed. Sê hierdie woorde en bedoel dit met jou hele hart, dan sal jou lewe onmiddellik die manifestasie word van sy goedheid, heerlikheid, genade en liefde.

BELYDENIS

Ek het die lewe en die natuur van God in my gees. Hy het sy lewe vir my gegee, sodat ek in sy geregtigheid, heerlikheid en genade kan leef en wandel. Daarom deel ek deur my geloof in God se goddelike natuur, omdat ek na sy lewe oorgedra is! My lewe is vol van heerlikheid, want Christus is in my. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Romeine 6:23; 1 Johannes 5:11-13:

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *