Daily Devotional: NEVER ASHAMED OF HIM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
NOOIT SKAAM VIR HOM NIE

As jy jou vir My en vir my boodskap skaam te midde van vandag se ontroue en sondige mense, sal Ek, die Seun van die Mens, My ook vir jou skaam wanneer Ek terugkeer met die heilige engele, beklee met die heerlikheid van my Vader (Markus 8:38).

Daar is sommige mense wat skaam is om met Jesus en sy kerk geïdentifiseer te word en hoe tragies is dit tog nie! Jou eenheid met die Here is die grootste, mees verhewe en koninklike identiteit ooit. Vier dit by elke geleentheid. Gryp elke oomblik aan om Jesus Christus te verheerlik. Laat jou liefde vir Hom duidelik en onomwonde wees.

As jy skaam is om die wêreld – jou vriende, familielede, kollegas, ensovoorts – te laat weet dat jy aan Jesus Christus behoort en ’n lid van die huishouding van die geloof is, sal die Meester ook skaam wees om jou voor die Vader en die engele te ken.

Ongeag iemand se persepsie van Christus en van die Christendom, is jy in die mees waardige, eerbare en voortreflike eenheid wat daar is. Jy is ’n medewerker van die Godsoort; ‘n Goddraende vaartuig; ‘n draer van die goddelike orde en verspreider van ewige waarhede.

Staan vas in jou eenheid met Jesus Christus en om jou ongeëwenaarde toewyding aan Hom, sy Koninkryk en die Kerk te verklaar. Niks en niemand mag jou ooit van Christus laat distansieer of jou geloof in Hom verwerp nie. Selfs die felste bedreigings of vervolging van die teëstander moet jou nie laat bewe nie. Halleluja!

BELYDENIS

Ek verheerlik Christus en vier my vereenselwiging met Hom. Ek bely en erken die Here voor mense en is verheug oor my omgang met God se heiliges. My onlosmaaklike eenheid met die Here is die grootste seën in my lewe en ek verklaar vir ewig my onwrikbare trou aan Christus, sy Kerk en die verspreiding van die evangelie. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Lukas12:8-9 AMPC; 2 Timótheüs 1:7-8

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *