Daily Devotional: THE WORD ALIVE IN YOU

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WOORD IS LEWEND IN JOU

En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid (Johannes 1:14).

Kersfees beteken dat die Woord gekom het; die Woord is gebore. Die Woord het vlees geword en in die strate geloop; hulle het sy heerlikheid aanskou totdat Hy gekruisig is. Maar God het Hom opgewek en openlik, met baie onteenseglike bewyse, gewys dat Hy sou leef. Nou bly Hy in jou. Prys die Here!

Hulle het op die Woord gewag, sy heerlikheid waarvan die profete gepraat het verwag, hulle het sy lig verwag, want groot duisternis het die wêreld bedek en onkunde het die baas geword. Maar toe kom die Woord, gebore uit ’n maagd en wandel op hierdie aarde, vol heerlikheid, genade en waarheid, sodat alle mense kan sien en glo.

Baie het Hom egter nie herken nie. Hy het sy dissipels gevra: sê die mense dat Ek die Seun van die mens is? Ongelukkig het hulle Hom nie geken nie, maar Petrus het gesê: U is die Christus, die Seun van die lewende God (Matteus 16:16). Johannes noem Hom: “die Woord wat vlees geword het”; Hy gee ons die werklike oorsprong van die mens, Christus Jesus – Hy is die Woord wat voor die skepping bestaan het en deur wie alles geskape is (Johannes 1:1-3).

Sy geboorte het vir die wêreld vreugde gebring, ’n asemrowende wonder om die ewige Woord van God in doeke toegedraai te sien; om saam met mense te wees en te wandel! Geen wonder dat hulle Hom ‘Emmanuel’ (God met ons) genoem het nie (Matteus 1:23). Hy is as ‘Emmanuel’ gebore, maar vandag is Hy die Woord wat in jou leef.

Elke tree wat Jesus geneem het, was die Woord van God in beweging; die verpersoonliking van die Woord. En die dag toe jy Hom ontvang het om in jou te woon, het jy die Woord in beweging geword, want soos Hy is, so is ons ook in hierdie wêreld (1 Johannes 4:17). Geen wonder dat Paulus ons die Sendbrief (Woord) van Christus noem nie (2 Korintiërs 3:3). Halleluja!

GEBED

Dankie, Vader, vir Kersfees! Dankie vir Christus Jesus in my lewe. Die Woord het gekom; Christus is gebore; Hy het geleef en gesterf, om in my hart gebore te word. Hy is gebore as “Emmanuel”, maar vandag is Hy die Woord wat in my lewe; Hy bly vir altyd in my! Geseënd is God!

VERDERE STUDIE:

Johannes 1:14 AMPC; Johannes 14:16-17

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *