Daily Devotional: TELL IT AROUND THE WORLD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VERTEL DIT REGOOR DIE WÊRELD

Toe het Hy hulle beveel:  Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral. Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word (Markus 16:15-16).

Terwyl ons Jesus Christus se geboorte vier, is dit belangrik om te besef dat sy glorieryke wederkoms op hande is; baie nader as wat baie mense besef. Daarom moet ons ons pogings versterk om verlorenes te bereik, om dié in ons wêreld en in die streke daarbuite wat nie weet nie te vertel dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is. Slegs deur Hom kan mense gered word en in God se klas van bestaan en vlak van die lewe gebring word.

Tot en met ’n mens se wedergeboorte sal sy lewe die uitdrukking wees van alles wat met hom gebeur het, vanaf sy herkoms: waar hy gebore is, sy nasionaliteit, ligging, opvoeding, regering, ensovoorts. Al hierdie faktore sal vorm wat van sy lewe word. Dit beteken dat hy beperk sal wees tot sy omgewing en aardse herkoms; hoe jammer.

Maar as jy wedergebore is, is die ou dinge verby (2 Korintiërs 5:17). Skielik word jy in ’n lewe gebring wat die aardse vlak te bowe gaan, waar jy nie deur enige faktor of die elemente van hierdie wêreld beperk word nie. Jy leef nou in ’n nuwe omgewing volgens ’n nuwe lewensbeginsel, dit is God se Woord. Jy is nou deel van die goddelike natuur, nie meer onderworpe aan die sonde, siektes, kwale en die dood nie, omdat jy die God-lewe ontvang het.

Wat ’n boodskap om aan die wêreld te verkondig: dat Jesus gekom, geleef, gesterf en opgestaan het, sodat ons sy lewe kan hê en ook die verspreiders van daardie lewe kan wees. Vertel vir die wat nie weet nie; bereik die onbereiktes; vertel die nasies, die verre eilande, dat Hy leef en die lewe wat Hy gebring het is beskikbaar vir almal wat glo: “…en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe…” (1 Johannes 5:11-12 – 1953 Vertaling).

Terwyl jy hierdie seisoen vier, moet jou gees versterk en ontroer word om die wêreld te vertel dat die Here God is en Hy het die lewe en onsterflikheid aan die lig gebring, deur die evangelie. Elkeen wat wedergebore is, ontvang dieselfde lewe wat Hy het. Dit is die boodskap wat Hy ons beveel het om te verkondig en na die wêreld te versprei.

GEBED

Liewe Heer, ek bid vandag vir sondaars regoor die wêreld, dat hulle kan weet en aanvaar dat Jesus reeds die straf vir hul sondes gedra het en daarom die ewige lewe ontvang. Ek bid ook vir almal wat vandag siek is, of aangetas is in hul liggame, dat u genesingskrag wat in Christus beskikbaar is, hulle van hul siektes en swakhede sal verlos sodat hulle hierdie seisoen in gesondheid, vrede en voorspoed kan vier, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Markus 16:15-16; Romeine 10:14

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *