Daily Devotional: WE’RE THE LIGHT...JUST LIKE JESUS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONS IS DIE LIG…NES JESUS

Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie (Matteus 5:14).

Ons lees in Johannes 8 van ’n sekere vrou wat in die daad van egbreuk betrap is en wat gestenig sou word. Maar sy het geweet waar Jesus was en haar na Hom toe gehaas. Die skare sit haar toe agterna en sê vir Jesus: “Meester, hierdie vrou is in ’n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?” (Johannes 8:4-5). Jesus sê toe: “Wel, Ek het geen beswaar daarteen nie, maar laat die een van julle wat sonder sonde is die eerste klip gooi.”

Die Bybel sê hulle het almal hul klippe laat val en koponderstebo weggeloop. En toe, in die 12de vers, nadat Hy die vrou kalmeer het, het Hy hierdie verstommende stelling gemaak; Hy het gesê: “Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” Wat is die verhouding tussen hierdie stelling en wat Hy so pas vir hierdie vrou gedoen het?

As ons dit kan verstaan, kan ons ook begin om te verstaan wat Hy van ons verwag. In Johannes 9 het Hy ’n man wat sedert sy geboorte blind was ontmoet. Weereens het Jesus daardie stelling gemaak: “So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld” (Johannes 9:5). En die volgende oomblik doen Hy toe ’n wonderwerk. Hy: “spuug op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man” (Johannes 9:6).

Die vrou wat egbreuk gepleeg het was op die randjie van die dood en toe tree Jesus in en sê: “Ek is die lig van die wêreld.” En Hy red haar! Toe sien Hy die blinde man wat nie eens oë gehad het nie en Hy sê: “Ek IS jou lig!” Eer aan God! Jesus het vir beide gesê: “Ek is wat jul nodig het Ek moet wees. Indien jy bevryding nodig het, is Ek jou bevryding. Indien dit verlossing is, is Ek jou verlossing.  As dit genesing is, is Ek jou genesing.” Dis die betekenis van “Ek IS” Halleluja!

Nou draai Hy na ons toe en sê: “Julle is die lig van die wêreld”. Skielik is sy verwagting duidelik in ons elkeen se gees! Dit beteken dat soos jy vandag uitgaan, gaan daar vandag in iemand se lewe ’n verandering plaasvind as gevolg van jou. Indien iemand blind was kan sy oë genees as gevolg van jou! Iemand wat siek was kan genees word. ’n Verlamde persoon kan loop. Die een wat veroordeel was, kan verlos word. Jy is die lig van die wêreld, nes Jesus. Eer aan God!

BELYDENIS

Ek is die lig van die wêreld, ’n stad wat op ’n heuwel geleë is, kan nie weggesteek word nie! Daarom wandel ek in wonderwerke en glorieryke manifestasies van die bonatuurlike. Ek genees siekes, reinig die melaatses, wek dooies op en dryf duiwels uit! Soos ek vandag uitgaan, is ek die oplossing vir die probleme van vele en ook die antwoord op hul vrae; alles wat nie van God af is nie – siekte, armoede, dood, gebrek, mislukking, depressie, ensovoorts – buig voor my, in die Naam van die Here Jesus Christus! Amen.

VERDERE STUDIE:

Matthéüs 10:8; Markus 16:17-18; 1 Johannes 4:17

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *