Daily Devotional: MAKE YOUR LIFE GLORIOUS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VERHEERLIK JOU LEWE

Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen (Galasiërs 6:5).

Sommige Christene probeer God blameer vir wat eintlik hulle verantwoordelikheid is. Dikwels wanneer iets onaangenaam gebeur, besluit hulle dat dit God se wil is, anders: “Waarom het Hy dit laat gebeur?” wonder hulle. Wat sulke mense moet besef, is dat ons die mag gegee is om dinge op aarde te verander en ons lewens so mooi te maak soos wat ons wil. Jy kan jou lewe verheerlik deur God se Woord uit te leef.

In Matteus 17:20 was die Here Jesus beslis toe Hy gesê het: “…Dít verseker Ek julle, as julle geloof selfs so klein soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie berg sê: ‘Skuif soontoe,’ en hy sal dit doen. Ja, niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” Hy maak dit duidelik dat jy jou oorwinnings kan bepaal deur jou geloof in die Woord van God te plaas. Hy het jou reeds die mate van geloof gegee wat jy benodig om die veranderinge wat jy verlang, aan te bring. In Markus 9:23 het Hy gesê: “…As ’n mens glo, is álles moontlik!” Die vraag is, glo jy? As jy glo, dan lê daar voor jou ‘n lewe van eindelose moontlikhede. Laat die Woord in jou lewe werk en jy sal altyd oorwin.

Moenie “wag” dat sy Woord in jou lewe geskied nie; werk eerder “…julle eie heil uit met vrees en bewing” (Filippense 2:12 – 1953 Vertaling). Jy moet die Woord in jou lewe uitwerk en sorg dat dit resultate lewer. Deur jou geloof toe te pas, kan jy wees wat jy wil wees, verander wat jy wil verander en alles bereik wat jy wil bereik!

God het jou reeds die heerskappy en die vermoë gegee om jou lewe voorspoedig te maak. Hy het in Josua 1:8 gesê: “Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees.” Dit gaan oor wat jy met die Woord doen! Jy moet dit oordink en daarvolgens leef, dan sal God se heerlikheid sigbaar wees in alles wat jy doen.

BELYDENIS

My lewe is die getuienis van God se genade en ek wandel altyd in seëninge – in eindelose heerlikheid, vreugde, oorwinnings, suksesse en moontlikhede! Niks is vir my onmoontlik nie! Christus is my lewe en sy Woord werk nou en altyd kragtig in my. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Markus 11:23; Filippense 4:13; Josua 1:8 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *