Daily Devotional: CELEBRATING THE INCARNATE AND THE LIVING WORD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VIER DIE LEWENDE EN VLEESGEWORDE

…Wie My reeds gesien het, het ook reeds my Vader gesien. Hoe sê jy dan: “Wys ons die Vader? (Johannes 14:8-9).

Alhoewel Kersfees, die viering van Jesus se geboorte, ongetwyfeld die gewildste vakansiedag in die wêreld is, is daar steeds baie mense wat nie weet wie Jesus regtig is nie. Vir sommige is Hy maar net ’n groot godsdiensleier. Jesus is egter nie bloot ’n godsdienstige leier of hervormer nie; Hyself is God. Jy moet die Woord van God bestudeer om dit te ontdek. In Johannes 5:39 het Jesus gesê: “… ondersoek die Skrifte, want dit getuig van my.”

Die Skrif getuig van Jesus as die Godheid. Johannes 1:1 sê: “Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God.” Vers 14 sê: “En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het Sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid.” Dit verwys na Jesus. Wanneer jy Kersfees vier-vier jy dus die lewende en vleesgeworde Woord. Bestudeer sélf die Bybel, van Genesis tot Openbaring, en jy sal tot die slotsom kom: Jesus Christus is God! Onthou sy woorde in Johannes 10:30: “Ek en die Vader is één.” In ons openingsvers het Hy gesê: “…Wie My reeds gesien het, het ook reeds my Vader gesien…” Hy is één met die Vader.

Jy moet die punt bereik in jou lewe waar jy besef dat Jesus die volheid van Godheid is. Die Bybel verklaar dat die volheid van die Godheid liggaamlik in Hom woon (Kolossense 1:19, 2:9). Hy is die volkome vergestalting van die Godheid. Dit is die ‘Christus’ van Krismis; ons vier God wat in Jesus se liggaam na ons toe gekom het. Halleluja!

GEBED

Liewe Vader, ek is dankbaar vir die spesiale en buitengewone lewe wat ek ontvang het toe ek die Woord geglo en ontvang het. Ek vier die lewende en vleesgeworde Woord vandag. Nou leef Hy in my en deur my! Ek is die reproduksie van die Woord en my lewe is die uitdrukking van u wil, gedagtes, idees en opinies, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Johannes 1:10-12; Matthéüs 16:15-17

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *