Nuus News Rhapsody of Realities 4 23

GEBRUIK JOU GELOOF Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Omdat ons glo, verstaan ons dat God, deur net ’n woord te spreek, die ganse heelal geskep het (Hebreërs 11:3). Sommige mense dink dat dit mooi en nederig is om altyd by God te huil vir hulp. Hulle dink dat God hul “afhanklikheidsindroom” lief het, maar dis nie waar nie. Hy wil eerder hê dat jy met die Woord van geloof in jou mond veranderinge in jou lewe en omstandighede moet bewerk. Dit herinner my aan Jesus en sy dissipels in die boot. Die Meester het agterin die boot aan dieRead More →

Nuus News Rhapsody of Realities 4 22

MOENIE JOU GELOOF BETEKENISLOOS MAAK NIE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. As jy dus beweer dat mense die wêreld as erfdeel sou kon verkry op grond van wetsgehoorsaamheid, het die geloof betekenisloos geword en het die belofte sy krag verloor (Romeine 4:14). Kan geloof betekenisloos gemaak word? Beslis! Daar is mense wat hul geloof betekenisloos en die beloftes van God tot niet gemaak het in hul lewens. Byvoorbeeld, in Markus 7:13, het Jesus die Jode tereggewys omdat hulle die Woord van God kragteloos gemaak het in hul lewens met hul tradisies. “Tradisie” verwys hier na jou leefwyse, jou persoonlikeRead More →

Nuus News Rhapsody of Realities 4 21

WANNEER GELOOF PLATSAK IS Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. …Hy sal aan hulle reg laat geskied, en baie gou ook! Nietemin, sal Ek, die Seun van die Mens, wanneer Ek kom, geloof op aarde vind? (Lukas 18:8). Deesdae is dit nie ongewoon om Christene met hulle dokter te hoor praat asof hy die Heilige Gees is nie. Jy sal hoor dat hulle goed sê soos: “My maag was seer toe gaan ek dokter toe en hy het vir my gesê wat om te doen.” Hulle ontvang die dokter se aanbevelings asof daardie aanbeveling van die Heilige Gees af kom.Read More →

Nuus News Rhapsody of Realities 4 20

KONSEPTUALISEER EN DOEN Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê! (Filippense 2:13). Baie mense het wonderlike idees, of dit nou oor hul werk, finansies, besigheid, bediening of beroep is. Maar ongelukkig is daar nie baie wat daardie idees kan uitvoer of verwesenlik nie. Ja, hulle het ’n baie inspirerende idee gehad van wat hulle sou of kon doen, maar hulle stel uit en kort voor lank duik ontmoedigende gedagtes en skynbaar “geldige redes” om nie op te tree nie, op,Read More →

Nuus News Rhapsody of Realities 4 19

GESAG OOR DEMONE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo: Hulle sal duiwels in my Naam uitdryf, en hulle sal in nuwe tale praat (Markus 16:17). Voordat Jesus gekom het, het mense nie die korrekte inligting oor demone en bose geeste nie. Baie dinge wat baie mense gedink het is algemeen, het Jesus uitgewys as geestelik. Hy het ons byvoorbeeld bewus gemaak daarvan dat daar duiwels sit agter meeste siektes en krankhede. Toe hulle iemand wat doof en stom was na Jesus gebring het, sê die Bybel dat Hy die geesRead More →

Nuus News Rhapsody of Realities 4 1

BID VIR VERLORE SIELE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. As ons Goeie Nuus nog versluier is, is dit net bedek vir dié wat verlore gaan. Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die ongelowiges verblind sodat hulle die lig van die Goeie Nuus nie kan sien nie. Dit is die Goeie Nuus van die heerlikheid van Christus, Hy wat die ewebeeld van God is (2 Korintiërs 4:3-4). Uit die Skrif hierbo is dit duidelik dat Satan die oë van die mense wat nie die evangelie geglo het nie, verblind het. Maar Satan en alle demoneRead More →

Nuus News ROR

BLY KALM EN HOU BY JOU BELYDENIS Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd (2 Korintiërs 4:18). God is lief vir jou en gee om vir jou. Hy wil hê jy moet wen en elke dag gelukkig wees. Jesus het gesê: “Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin” (Johannes 16:33). Moenie toelaatRead More →

Nuus News ROR 2020 2 26

MOENIE BEKOMMERD WEES OOR JOU DOELWITTE EN DROME NIE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes (Galasiërs 6:9). Sommige mense raak bekommerd en amper mismoedig wanneer dit lyk of hulle nie hul doelwitte vir sukses gaan bereik binne die tydperk wat hul vir hulself gestel het nie. Moenie so wees nie! Wanneer jy jouself onder druk sit oor goed wat jy binne ’n sekere tyd wil behaal, word jy ’n slaaf van tyd. Gebruik en belê jouRead More →

Nuus News ROR 2020 2 25

IN CHRISTUS HET ONS NIKS NODIG NIE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het (Filippense 4:19). Soos die Apostel Paulus het die Here Jesus geen begrip van gebrek gehad nie. Hy het die boodskap van die evangelie verstaan dat ons nuwe skeppings in Christus, erfgename van God en medeerfgename saam met Christus is. Ons ly geen gebrek nie; kom niks kort nie. Hoekom het Paulus dan gebid en gesê: “sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsienRead More →

Nuus News ROR 2020 2 24

DIE OPSTANDING HET ONS ’N NUWE LEWE GEGEE Goeie Nuus vandag met Pastoor Chris uit die Rhapsody of Realities. Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef (Romeine 6:4). As Christenskap net gedraai het om verlossing van sonde sou dit nie vir Jesus nodig gewees het om uit die dood op te staan nie. Sy kruisdood sou genoeg gewees het. Dit het vir alle sonde betaal en waarborg totale vryspraak. Maar dit is nieRead More →