DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GELOOF IN SY WOORD Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur (Matteus 8:13). By geleentheid, na sy opstanding, het die Here Jesus aan sy dissipels verskyn na ’n onsuksesvolle visvangekspedisie. Die dissipels het die hele nag lank geswoeg en niks gevang nie. Toe het Jesus vir hulle gesê: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry” (Johannes 21:6). Die Bybel sê: “…Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meerRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ’N BETROUBARE MANIER OM JOU GEES TE OEFEN Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het (1 Timoteus 4:7-8). Om jou in die godsaligheid te oefen, beteken om jou menslike gees, die ware jy, te oefen. Een betroubare manier om jou gees te oefen is om in tale te bid; dit hou jou gees stralend en aan die brand vir God. Judas 1:20 sê: “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbouRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERWERP DIE ‘GEMORS’ WAT JOU ‘FONTEINE’ KAN VERSTOP Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei (Johannes 7:38). Jesaja 12:3 sê: “En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.” Fonteine van heil verwys na al die seëninge van Christus wat diep in jou gees weggebêre is. Die Bybel sê dat die oorspronge van die lewe uit jou gees vloei. Jy dra ’n fontein van seëninge binne-in jou. Die duiwel probeer om daardie fonteine te verstop. In die Bybelse tyd, as ’n stad binnegeval is, het die vyandRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERTROU SOOS ’N KIND Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie (Spreuke 3:5). Om vol vertroue te wees is nie dieselfde as om liggelowig te wees nie en dis noodsaaklik om hierdie onderskeiding te maak, want daar is liggelowige mense wat dink dat hulle vol vertroue is. Om liggelowig te wees beteken jy word maklik mislei. Maar kinders word nie maklik mislei nie; hulle is gewoonlik vol vertroue. Hulle vertrou jou karakter. Grootmense kan egter liggelowig wees. ’n Grootmens sal probeer om dit wat vir hom gesê is uit te redeneer voordatRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE BEWUSTHEID VAN JOU GODDELIKE WESE Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4). Baie mense verstaan nie die taal van die Gees in die bogaande vers nie. “Julle is uit God…” beteken jy kom van God af; jy is uit Hom gebore. Dit is wat van ’n Christen ’n goddelike wese maak en nie net ’n mens nie. Halleluja! Dit is waar sommige mense dit mis het; hulle weet nie wie hulle werklik in Christus is nie. Die Apostel JohannesRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERSTAAN GOD SE TYDSBEREKENING Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor (Daniël 10:12). Ons is in ’n baie spesiale bedeling in God se Koninkryk. Deur kennis van die Woord word ons gelei deur die Gees om in ooreenstemming met sy plan en tydsberekening te leef. Die Bybel sê in Daniël 9 vir ons dat Daniël, terwyl hy in ballingskap was saam met die Israeliete, God se tydsberekeningRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU OOMBLIK OM TE SKYN Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie (Matteus 5:14). Hierdie hedendaagse wêreld verkeer in geestelike duisternis. Dit was in Jesus se tyd so. Toe Hy gevange geneem is, het Hy gesê: “… Maar hierdie is nou júlle tyd, die tyd van die mag van die duisternis” (Lukas 22:53 NLV). Nadat Jesus opgevaar het na die hemel, was die wêreld steeds in duisternis. Maar jy is die oplossing vir daardie duisternis. Ons lees in ons openingsvers Jesus se woorde: “Julle is die lig van dieRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: LEEF IN CHRISTUS Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is (Kolossense 2:6). Voordat ons die ongelooflike voorlegging van Paulus in die vers hierbo bespreek, kom ons lees wat hy in die 20ste vers gesê het: “Aangesien julle, deur saam met Christus te sterf, die bose wêreldse magte afgesterf het, waarom leef julle nog volgens wêreldse voorskrifte” (Kolossense 2:20). Let op sy ongelooflike kommunikasie; hy sê die Christen leef nie in hierdie wêreld nie; op hierdie natuurlike lewensvlak nie. Waar woon die Christen dan? Hy leef in Christus! Christus is dieRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEES ALTYD BEDAG OP EN SENSITIEF VIR DIE GEES Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind (1 Petrus 5:8). Op ’n dag, terwyl Jesus in een van die sinagoges geleer het, het Hy ’n vrou opgemerk wat vooroor gebuk was; sy kon nie regop staan nie. Sy was vir agtien jaar in daardie toestand. Toe sê Jesus vir haar: “…Vrou, jy is van jou kwaal genees!” Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan. Hoe het syRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU NAAM IN DIE BOEK VAN DIE LEWE En as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boekrol wegneem, sal God sy deel wegneem aan die boom van die lewe en aan die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is (Openbaring 22:19). Baie mense neem aan dat, wanneer iemand sy hart aan Christus gee, sy naam in die Boek van die Lewe geskryf word. Maar dit is nie wat die Bybel leer nie. Dit gaan nooit regtig daaroor dat jou naam in die Boek van die Lewe geskryf word nie; die probleem is wanneer iemand uit die Boek vanRead More →