Daily Devotional: TELL IT AROUND THE WORLD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERTEL DIT REGOOR DIE WÊRELD Toe het Hy hulle beveel:  Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral. Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word (Markus 16:15-16). Terwyl ons Jesus Christus se geboorte vier, is dit belangrik om te besef dat sy glorieryke wederkoms op hande is; baie nader as wat baie mense besef. Daarom moet ons ons pogings versterk om verlorenes te bereik, om dié in ons wêreld en in die streke daarbuite wat nie weet nie te vertel dat Hy die weg, dieRead More →

Daily Devotional: NEVER ASHAMED OF HIM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: NOOIT SKAAM VIR HOM NIE As jy jou vir My en vir my boodskap skaam te midde van vandag se ontroue en sondige mense, sal Ek, die Seun van die Mens, My ook vir jou skaam wanneer Ek terugkeer met die heilige engele, beklee met die heerlikheid van my Vader (Markus 8:38). Daar is sommige mense wat skaam is om met Jesus en sy kerk geïdentifiseer te word en hoe tragies is dit tog nie! Jou eenheid met die Here is die grootste, mees verhewe en koninklike identiteit ooit. Vier dit by elke geleentheid. Gryp elke oomblik aan om Jesus ChristusRead More →

Daily Devotional: MAKE YOUR LIFE GLORIOUS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERHEERLIK JOU LEWE Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen (Galasiërs 6:5). Sommige Christene probeer God blameer vir wat eintlik hulle verantwoordelikheid is. Dikwels wanneer iets onaangenaam gebeur, besluit hulle dat dit God se wil is, anders: “Waarom het Hy dit laat gebeur?” wonder hulle. Wat sulke mense moet besef, is dat ons die mag gegee is om dinge op aarde te verander en ons lewens so mooi te maak soos wat ons wil. Jy kan jou lewe verheerlik deur God se Woord uit te leef. In Matteus 17:20 was die Here Jesus beslis toe Hy gesê het:Read More →

Daily Devotional: WE’RE THE LIGHT...JUST LIKE JESUS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONS IS DIE LIG…NES JESUS Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie (Matteus 5:14). Ons lees in Johannes 8 van ’n sekere vrou wat in die daad van egbreuk betrap is en wat gestenig sou word. Maar sy het geweet waar Jesus was en haar na Hom toe gehaas. Die skare sit haar toe agterna en sê vir Jesus: “Meester, hierdie vrou is in ’n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?” (JohannesRead More →

Daily Devotional: WE ARE KING-PRIESTS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONS IS KONING-PRIESTERS En ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen (Openbaring 1:6). Die frase “konings en priesters” in die bogaande Skrifgedeelte word ook in ander vertalings as “’n koninkryk van priesters” vertaal, maar nie een van die twee is heeltemal akkuraat nie. Die leser is geneig om die aanname te maak dat “’n koninkryk van priesters” verwys na ’n koninkryk waar daar priesters is. Maar die korrekte vertaling vanuit Grieks is “koningpriesters”. Hy het ons koning-priesters gemaak, wat ’n vervulling van profesie is ditRead More →

Daily Devotional: HE’S THERE IN YOUR NAME

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY IS DAAR IN JOU NAAM In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is (Johannes 14:2-3). Sommige mense dink die bostaande Skrif beteken dat Jesus Hemel to gegaan het om ons wonings te gaan bou. So, hulle dink wanneer iemand sy of haar hart vir die Here gee, begin GodRead More →

Daily Devotional: THE GOSPEL IS IN YOUR TRUST

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE EVANGELIE IS AAN JOU TOEVERTROU Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos dit verkeerdelik genoem word (1 Timoteus 6:20). Die woord “toevertrou” in die openingsvers is ’n interessante Griekse woord “parakatatheke” dit beteken ‘deponeer’, die belegging van jou persoonlikheid. Iets is in jou gedeponeer. Jy moet tot die besef kom dat die evangelie, dieselfde boodskap wat jou lewe gered het, aan jou toevertrou is. Paulus het dit geweet. In 1 Timoteus 1:11 het hy bevestig: “Volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aanRead More →

Daily Devotional: SUBMIT TO HIS DREAM FOR YOU

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONDERWERP JOU AAN SY DROOM VIR Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys (Spreuke 3:5-6). Het jy al ooit jouself afgevra: “Strook my lewe met God se volmaakte wil vir my?” Dit is om seker te wees. Jesus het gesê: “As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is…” (Johannes 7:17). So, as jy gewillig is om sy wil te doen, salRead More →

Daily Devotional: WE’VE GOT TO PREACH IT

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONS MOET DIT VERKONDIG In die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het, en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser — aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser! (Titus 1:2-3). Ons moet die Woord verkondig; ons moet vir die vertel wat nie weet nie, anders sal hulle nooit die geleentheid hê om dit te glo en geredRead More →

Daily Devotional: INSPIRED AND AFIRE ALWAYS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ALTYD GEÏNSPIREERD EN AAN DIE BRAND Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan (Josua 1:9). Sedert die dag toe ek die Heilige Gees ontvang en in tale begin bid het, het ek nog nooit inspirasie verloor nie. Die sleutel is jou vriendskap met die Heilige Gees! Dit is die geheim daartoe om ALTYD geïnspireerd en aan die brand te wees vir die Here. Die Heilige Gees moet die primêre dryfkrag in jou lewe wees. Sonder Hom is die leweRead More →