Daily Devotional: THE GOSPEL IS IN YOUR TRUST

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE EVANGELIE IS AAN JOU TOEVERTROU

Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos dit verkeerdelik genoem word (1 Timoteus 6:20).

Die woord “toevertrou” in die openingsvers is ’n interessante Griekse woord “parakatatheke” dit beteken ‘deponeer’, die belegging van jou persoonlikheid. Iets is in jou gedeponeer. Jy moet tot die besef kom dat die evangelie, dieselfde boodskap wat jou lewe gered het, aan jou toevertrou is.

Paulus het dit geweet. In 1 Timoteus 1:11 het hy bevestig: “Volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.” Wat ’n bewustheid! Hy het die evangelie sy verantwoordelikheid gemaak. Dit moet vir jou ook so wees.

Jou kollegas, besigheidsvennote, skoolmaats, familielede, huismaats, vriende en almal met wie jy in kontak kom, hou almal vas aan dit wat God aan jou toevertrou het. Hy hou jou verantwoordelik as hulle getuie; jy is die getuie in jou generasie. Jy moet toegewyd wees daaraan om verlossing te bring na almal in jou wêreld. Dit is wat sukses is. Jy word ’n vrugdraende tak, jy vervul wat Jesus in Johannes 15:5 gesê het: “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”

Verklaar altyd: “Ek is ’n vrugdraende tak, in die Naam van die Here Jesus! Ek dra vrugte van geregtigheid en openbaar werke van geregtigheid.” Verklaar dit en tree dienooreenkomstig op. Dit is wat die Apostel Paulus aan die jong dienaar, Timoteus, in ons openingsvers gekommunikeer het—die bewustheid van wat aan sy sorg toevertrou is.

Jy dra die sade van die Koninkryk van God binne jou. Dit is jou nommer een bediening in die lewe. Onthou Jesus se woorde: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matteus 6:33). Nou dat jy in sy Koninkryk is, moet jy dit ’n prioriteit maak en dan sal sy heerlikheid in en deur jou openbaar word.

GEBED

Liewe Heer, dankie vir die voorreg om ’n medewerker in sielewinning te wees. U het my getrou geag en die evangelie aan my sorg toevertrou. Daar is geen perke aan hoe vêr ek bereid is om te gaan en wat ek bereid is om te doen vir die evangelie nie, want dit is u krag om sondaars te regverdig, die armes uit die duisternis en verdriet na ’n lewe van voorspoed, heerlikheid en uitmuntendheid te bring. Ek verkondig dit met vrymoedigheid oral en aan almal en baie mense kom tot bekering, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 5:18; Jeremia 20:9; 1 Korinthiërs 9:16-17

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *