Daily Devotional: WE’VE GOT TO PREACH IT

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONS MOET DIT VERKONDIG

In die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het, en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser — aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser! (Titus 1:2-3).

Ons moet die Woord verkondig; ons moet vir die vertel wat nie weet nie, anders sal hulle nooit die geleentheid hê om dit te glo en gered te word nie. Romeine 10:13-14 sê: “Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?”

Sonder een wat preek kan hulle nie die evangelie hoor nie. Dit is waarom ons genoodsaak is om die evangelie oraloor te verkondig. Die Apostel Paulus het gesê: “WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek” (Romeine 1:16).

Daar is geen verlossing sonder die evangelie nie. Die krag van God om iemand uit die moeilikheid, nood, sonde en dood te red lê in die evangelie van Christus. Ons lees in ons openingsvers dat God die ewige lewe beloof het voor die wêreld begin het en nou het Hy sy belofte vervul, die Woord openbaar en die ewige lewe beskikbaar gestel deur die verkondiging van die evangelie.

Kyk hoe geseënd is ons om die bewaarders en draers van die goddelike orde te wees; ambassadeurs van goddelike realiteite! Hulle gaan die evangelie op geen ander manier ontvang as deur ons wat dit aan hulle verkondig nie. Wy jou hele lewe hieraan toe, want dit is al wat waarlik saak maak. Verseker dat die evangelie soveel moontlik mense in jou wêreld en verder bereik wat bestem is om dit te ontvang.

BELYDENIS

Ek is ’n ambassadeur van Christus in die evangelie. Ek is aan die brand vir die Here, lewendig, uitbundig en altyd gloeiend in die gees. Ek dien Hom met my hele hart, siel en verstand. Deur my bereik die evangelie baie mense wat vir verlossing bestem is; hulle word oorgebring van die duisternis na die heerlike vryheid van God se kinders. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

1 Korinthiërs 1:18; Handelinge 4:12; Matthéüs 28:19-20

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *