Daily Devotional: SUBMIT TO HIS DREAM FOR YOU

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONDERWERP JOU AAN SY DROOM VIR

Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys (Spreuke 3:5-6).

Het jy al ooit jouself afgevra: “Strook my lewe met God se volmaakte wil vir my?” Dit is om seker te wees. Jesus het gesê: “As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is…” (Johannes 7:17). So, as jy gewillig is om sy wil te doen, sal Hy jou leer.

Maar soms is mense bang om God vrye teuels te gee in hul lewens. Hulle dink Hy sal hul droom wat hulle al lewenslank koester wil verander. Hulle voel Hy mag hulle dalk lei om iets te doen wat hulle nie wil doen nie. Wel, dan ken hulle Hom nie; as jy Hom nie ken nie, kan jy Hom nie vertrou nie. Maar as jy Hom ooit sou leer ken, sal jy leer om op Hom te vertrou.

Al wat Hy wil hê is wat vir jou die beste is. Hy is meer ambisieus oor jou sukses as wat jy ooit kon wees. Die dag toe ek hierdie waarheid ontdek het, het ek gesê: “Liewe Here Jesus, nou vertrou ek U met my lewe.” Ek wou vir Hom ’n sukses wees, maar Hy was meer ambisieus oor my sukses as wat ek ooit kon wees. Ek het uitgevind dat Hy liewer is vir my as vir Homself, dat Hy wyser is as wat ek ooit kon wees en ek het vrymoedig en gefokus geraak!

Onthou, Hy het die hele wêreld geskape, jou inkluis. Hy weet van alles wat binne-in jou is, Hy weet als van jou lewe. Al wat Hy wil hê is dat jy sê: “Ja, Here, ek is gereed.” Hy het ervaring daarin om met allerhande mense te werk en Hy weet presies wat om met iemand soos jy te doen.

Vertrou Hom met jou lewe. Bly te midde van sy wil en jy sal nooit verloor nie. 1 Petrus 2:6 sê: “…die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie”; dit beteken dat jy nooit verneder sal word of jou sal skaam omdat jy op Hom vertrou het nie. Vertrou daarom op die Here met jou hele hart en siel en verstand en onderwerp jou aan sy droom vir jou.

GEBED

Liewe Hemelse Vader, watter troos, vertroue en blye versekering is dit nie om te weet dat ek U met my lewe kan vertrou nie; die enigste Een wat seker en getrou is. Die toekoms behoort aan U, daarom plaas ek myself in u arms wat my lei, onder die heerskappy van liefde en vertrou om tot in ewigheid deur u Woord en Gees gelei te word, terwyl ek my lotsbestemming in U vervul, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Handelinge 26:16-18; Psalm 18:30; Spreuke 16:3 NIV

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *