Daily Devotional: INSPIRED AND AFIRE ALWAYS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ALTYD GEÏNSPIREERD EN AAN DIE BRAND

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan (Josua 1:9).

Sedert die dag toe ek die Heilige Gees ontvang en in tale begin bid het, het ek nog nooit inspirasie verloor nie. Die sleutel is jou vriendskap met die Heilige Gees! Dit is die geheim daartoe om ALTYD geïnspireerd en aan die brand te wees vir die Here. Die Heilige Gees moet die primêre dryfkrag in jou lewe wees. Sonder Hom is die lewe futloos, vaal, leeg en verniet!

Christenskap sonder die Heilige Gees is blote godsdiens. Dit is in der waarheid baie moeilik om siele te wen sonder die Heilige Gees. As kind van God is dit nie onderhandelbaar om elke dag met die Heilige Gees vervul te wees nie. Jy moet Hom ken, saam met en in Hom leef. Hy moet ’n konstante deel van jou lewe uitmaak.

Kolossense 3:16 sê: “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon….” Jou begrip van die Woord sal jou aanspoor om elke dag van jou lewe te leef vir die uitbreiding van die Koninkryk van God; niks anders sal vir jou sin maak in hierdie wêreld nie, behalwe die dinge van Christus. Met die Woord van God in jou gees en in jou mond kan jy die Here getrou dien en Hom verheerlik, nou en deur die eeue heen. Hou jou aptyt vir die Woord groot en gulsig.

Jou liefde vir die Meester sal jou dring om die wêreld te vertel van sy reddingskrag. 2 Korintiërs 5:14 sê: “Die liefde van Christus dring ons. Omdat ons geoordeel het dat Een vir almal gesterf het, glo ons dat ons almal ons ou, sondige lewe afgesterf het” (NLV). Die Apostel Paulus wys ons wat die motiveringskrag agter sy oorweldigende passie vir die evangelie was, dit was Christus se liefde. Jy kan nie Hom liefhê en dan nie aangespoor wees om die hele wêreld daarvan te vertel nie. Jy sal elke dag opstaan, geïnspireerd en aan die brand om God te dien. Prys die Here!

BELYDENIS

My deelname aan evangelisasie—my passie vir die verspreiding van die evangelie regoor die wêreld—is steeds onbedwingbaar. God het my geroep en my ’n goddelike mandaat gegee; ek bly gefokus op en toegewy aan daardie roeping, gedring deur Christus se liefde om die dinge te doen wat ek moet doen op aarde, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 5:14-15; Jeremia 20:8-9; Romeine 12:10-12

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *