Daily Devotional: HE’S THERE IN YOUR NAME

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HY IS DAAR IN JOU NAAM

In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is (Johannes 14:2-3).

Sommige mense dink die bostaande Skrif beteken dat Jesus Hemel to gegaan het om ons wonings te gaan bou. So, hulle dink wanneer iemand sy of haar hart vir die Here gee, begin God om vir daardie persoon ’n huis te bou in die hemel. Maar hulle vergeet dat die Bybel sê: “…alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is” (Hebreërs 4:3). Die Hemel is ’n pragtige plek en dit is reeds gebou. So, watter plek het Jesus dan van gepraat?

Die antwoord is eenvoudig: Die Bybel sê dat Jesus in die hel geseëvier het en toe Hy aan sy dissipels in Galilea verskyn het, het Hy gesê: “Wees gegroet!” (Matteus 28:9). Toe is Hy hemel toe waar daar vir Hom ’n plek gemaak is! Daardie plek is nie ’n stoel naby of langs die Vader nie, nee, Hy het die Vader se sitplek gekry! Hy sit op die Vader se troon van Majesteit, in die hemele. Dit is die plek van hoogste gesag.

Dan sê die Skrif: “AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit” (Kolossense 3:1).

Alles wat Jesus gedoen het, was vir ons. So, die plek wat Hy vir ons gaan voorberei het, is die plek aan die regterhand van die Vader; Hy het vir ons ’n plek in en by Hom in heerlikheid gekry. Nou sit ons saam met Hom in die hemele.

Hebreërs 9:24 sê: “Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.” Solank Jesus in die hemel is, word ons goed verteenwoordig daar. Hy verteenwoordig ons daar!

Dis waarom Hy vir ons gesê het om in sy Naam te leef. Kolossense 3:17 sê: “En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus….” Want Hy is daar in ons naam en ons is hier in sy Naam. Ons heers en regeer oor die Satan en sy duistere trawante, in sy Naam. Halleluja!

BELYDENIS

Die Here het my na ’n heerlike plek gebring, ’n plek van gesag en heerskappy, waar ek heers en regeer oor alle owerhede en magte en kragte en heerskappy en elke naam wat genoem word. Wanneer ek praat, reageer die hele skepping, want ek leef in sy Naam. Ek verbreek sommer nou die Satan se invloed oor mense se lewens en verklaar dat die lig van die glorieryke evangelie in hulle harte skyn, in Jesus se Naam.

VERDERE STUDIE:

Efésiërs 2:6 TLB; Lukas10:19 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *