Nuus News ROR 2020 2 3

GEREGTIGHEID – ’N GENADE-GESKENK Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons hegte verhouding met Christus, deur God vrygespreek kan word (2 Korintiërs 5:21). Toe jy Christus in jou hart ontvang het, het jy die ewige lewe in jou gees ontvang en saam met dit geregtigheid. Geregtigheid is God se natuur wat in jou God se korrektheid produseer en plaas jou op goeie voet met God. Dit is God se geskenk vir jou in Christus; ’n genade-geskenk van Christus af vir jou. JohannesRead More →

Nuus News ROR 2020 2 2

WEDERGEBOORTE Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) …Hierdie weergeboorte is nie deur julle aardse ouers bewerk nie, want die lewe wat hulle julle gegee het, loop op die dood uit. Die nuwe lewe wat God gegee het, is vir ewig, want dit kom van die ewige en lewende woord van God (1 Petrus 1:23). Wanneer jy verstaan wat dit beteken om wedergebore te wees sal dit ’n huppel in jou stap sit. Om wedergebore te wees beteken dat jy die natuur van God in jou gees het. Dit beteken dat jy Christus se aktiewe lewe in elke greintjie van jou wese hetRead More →

Nuus News ROR 2020 2 1

ONS VERHOUDING MET GODDELIKHEID Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) Ons deel julle mee wat ons gesien en gehoor het sodat julle ook saam met ons daarin kan deel. Ons het saam deel aan die Vader en die Seun, Jesus Christus (1 Johannes 1:3). Hoe kragtig is dit nie? Ons verhouding is met die Vader en sy seun, Jesus Christus! Dit is die beste deel van Christenskap – ons verhouding met goddelikheid. Christus se doel was om ons geestelik één te maak met Hom. ’n Spesiale klas mense met God se lewe en natuur wat dit vir ons moontlik maak om ’nRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 31

DIE WOORD IS JOU LEWE Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) Die nuwe lewe wat God gegee het, is vir ewig, want dit kom van die ewige en lewende woord van God (1 Petrus 1:23). Wanneer ons sê dat ’n Christen uit God gebore is, sê ons eintlik Hy is uit die Woord gebore; hy is ’n nasaat van die Woord. Halleluja. Dit is wat ons in ons openingsvers gelees het; die apostel Jakobus het dit in Jakobus 1:18 beaam: “Omdat God só besluit het, het Hy ons deur sy woord wat waar is, as sy kinders verwek en gebore laat word.Read More →

VRY GEBORE—IN GOD SE TEENWOORDIGHEID Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees (Johannes 8:36). Baie mense besef nie dat Jesus se woorde hierbo nie aan Christene was nie. Christene is nie bevry nie en gaan ook nie bevry word nie. Bevry van wie of wat nou eintlik? ’n Christen is ’n nuwe skepsel. Hy kom van die opstanding van Jesus Christus, daarom het hy die opstandingslewe. Hy is vry gebore in geregtigheid in God se teenwoordigheid. Halleluja! 2 Korintiërs 5:17 sê: “Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuweRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 29

SY GODDELIKE HOOFKWARTIERE Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) …Nou het God dit aan sy eie mense bekendgemaak. God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel (Kolossense 1:27). Die Heilige Gees omvat alle krag en Hy woon in sy volheid in jou. Hy het nie gekom om net ’n deel van Homself vir jou te gee nie, al is dit wat sommige mense glo. 1 Korintiërs 3:16 sê: “Besef julle nieRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 28

DIE BOODSKAP VAN DIE GENADE Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) En nou vertrou ek julle aan God toe en aan die boodskap van die genade wat Hy aan mense bewys. Dié boodskap is in staat om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfporsie belowe het (Handelinge 20:32). Die Woord van God is meer as geskiedenis of ’n storieboek. Die Woord van God is God wat praat. En wat Hy sê is NOU in ons lewens van toepassing. Dit is die boumateriaal vir ons lewens. Wanneer jy die SkrifRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 27 small

DIE KERK NEEM OOR Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie (Johannes 3:8). Daar is ’n boodskap wat regdeur die wêreld trek; dis die profetiese woord wat baie jare oor die “slapende reus” gegee is. Die wêreld het gehoor dat daar iewers ’n “slapende reus is en elke nasie is van toe af op sy hoede. Die belangrikste mense in die wêreld het dit al bespreek; hulle het alles probeer om uit te vind watter land hierdie reus is,Read More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 26

VERWERP TROTS Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif: God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade (Jakobus 4:6). Soms is dit moeilik om te sien wanneer mense trots is, omdat trots iets van die hart is. Slegs God se Woord kan trots in ’n man se hart diagnoseer. Terwyl jy God se Woord bestudeer, dit oordink of daarna luister, “x-straal” dit jou hart om te openbaar wat daarin is. As daar trots of iets is wat nie regRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 25

GODDELIK BEVOORDEEL EN GEPOSISIONEER Afrikaans (Kliek om die Rhapsody te lees in Afrikaans) “Wat kan ek doen om jou te help?” vra Elisa. “Sê vir my, wat het jy in jou huis?” “Hoegenaamd niks nie, behalwe ’n kan met olie,” antwoord sy (2 Konings 4:2). Daar is diegene wat moedeloos raak omdat hulle hul werk verloor het, of omdat hul besigheid sleg begin doen het. As jy wedergebore is behoort sulke dinge jou nie te beïnvloed nie. Dat jy jou werk verloor het beteken niks nie en die rede waarom jy die werk verloor het, is ook nie so belangrik nie. Wat vir jou belangrikRead More →