Nuus in Afrikaans

NUUS

Nuus is die Afrikaanse woord vir die Engelse term beter bekend as “News”.

Wat is Nuus?

Nuus is inligting wat gewoonlik bekend gemaak word vir die eerste keer aan ‘n gehoor wat nie voorheen daarvan bewus was nie.

Dit is ook die beskrywing van ‘n gebeurtenis wat plaasvind wanneer mense oor aktuele gebeurtenisse, hetsy huidige ekonomiese-, sosiale, politieke of omgewings toestande skryf of praat. Nuusberigte kan  verskillende vorme aanneem, soos byvoorbeeld in koerante, tydskrifte, oor die televisie, aanlyn op web blaaie, die radio, ensovoorts.

Voorbeelde van Nuusberigte:

  • Goeie Nuus gebeurtenisse
  • Tegnologiese uitvindsels
  • Sport
  • Finansies en finansiële mark aanwysers
  • Feesvierings
  • Geboortes en Afsterwes
  • Weervoorspellings
  • Moord, roof en ander kriminele aktiwiteite
  • Skermutselinge, oorloë en opstande
  • Politieke aksies
  • Natuur rampe

Suid Afrikaanse Nuusbronne

Daar bestaan verskeie nuuskanale op satelliettelevisie of kabeltelevisie wat heeldag lank Suid Afrika nuus bring, soos Eye Witness News, SABC News, Fox News, CNN, Sky News, Al Jazeera en MSNBC. Daar is ook aanlyn nuusbronne soos  Timeslive, News 24, Netwerk24 ens.

Maroela Nuus Media

Maroela Nuus Media is tans die grootste Afrikaanse nuuswebsite.

Suid Afrikaanse Nuustydskrifte

Daar bestaan ook verskeie nuustydskrifte, soos Mail and Guardian, Time en Newsweek.

SA Nuus en Perspektief

Nuus kan op verskeie maniere aan die publiek oorgedra word en verskeie politieke agendas promoveer. Die algemene opvatting is dat die hoofstroom medianuus aan die publiek lewer is onhafhanklik en onbevooroordeeld. Met die groei van nuusverspreiding deur woord van mond op indivduele grondslag deur die oprysing van sosiale media platforms soos Twitter en Facebook, het dit egter baie vinnig duidelik geword dat die hoofstroom media die nuus bring in die lig wat die agendas bevorder van die magte wat agter die media huise sit.

‘n Goeie voorbeeld is President Donald Trump wat die term ‘Fop-Nuus Media’ oftewel “Fake News Media” bekend gemaak het toe hy begin om die negatiewe en valse media berigte teenoor hom openlik op Twitter en ander nuus platforms begin bevraagteken en teenstaan het. Baie vinnig het dit duidelik geword dat die nuus so geskryf word dat dit sy publieke aansien afbreek. Dit is egter nie ‘n nuwe verskynsel nie en die publiek reg oor die wêreld het gely onder bevooroordeelde en ongebalanseerde nuus verspreiders vir eeue. Maar nog nooit was die verskil tussen die leuen en die waarheid in die nuus so duidelik soos tans nie, en dit maak die tyd waarin ons lewe so interessant en opwindend. Die valse nuus berigte word een na die ander uitgevang en die joernaliste en hoofde van nuusagentskappe is een na die ander uitgevang en van hulle poste verwyder. Youtube en sosiale media is vol van die skandale, dis net in die hoofstroom media huise waar die stories stil gehou word en dinge stil-stil weggebêre word.

Die www.Nuus.News verskil

Dis waar www.Nuus.News ‘n verskil wil maak. Ons hoop om jou die storie agter die storie en die politieke agenda te bring en die ware nuus te bring wat die hoofstroom media nooit sal publiseer nie.

Die hoofstroommedia het ‘n anti-Christen waardestelsel en meeste van die berigte word vanuit daardie fondasie gebou. www.Nuus.News gaan dit kan teenstaan en die Christelike oogpunt op sake plaas. En dis waar jy inkom – jou nuus kontribusies gaan ‘n groot verskil kan bring om  verdraaide en negatiewe nuus teen te staan.

Jy sal sien dat www.Nuus.News nie wegskram van die wêreldnuus en hoofstroom media  nuusberigte nie: Op die hoofnuus bladsye is daar ‘n plek vir Nuus.News se Goeie Nuus artikels maar ter selfdertyd ook die hooftrekke van die hoofstroom media huise. Die kontras tussen goeie en slegte nuus was nog nooit so duidelik nie.

Ons weet dat alhoewel die hoofstroom media dit hewiglik ontken, hulle negatiewe, skokkende en sensasionele nuus bring omdat dit vrees in mense aanwakker, wat maak dat die mense die nuus koop. ‘n Niksseggende gebeurtenis wat in ‘n slegte lig geplaas word, kan vinnig in ‘n top koerantverkoper ontaard. Die nagevolge daarvan is egter onbedoeld: die publiek daarbuite begin naderhand dinge vanuit ‘n negatiewe perspektief te sien en bou ‘n weerstand op teen nuusgebeure. En wanneer dit tyd is om Goeie Nuus bekend te maak, dan bevraagteken die publiek dit. In plaas daarvan dat die nuus ‘n land opbou, breek dit nou ‘n land af. Kyk nou na Suid Afrika. Die mense is so negatief weens die negatiewe hoofstroom media. En omdat die mense negatief begin praat word hulle toekoms negatief weens self vervullende profesieë wat begin plaasvind.

Nuus.News poog egter om dinge te verander en om die publiek se oogpunt te verander na ‘n positiewe uitkyk toe. Nuus.News gaan fokus op Goeie Nuus en die publiek ‘n keuse gee wat voorheen nie daar was nie.

So wees opgewonde en bly, want Goeie Nuus het egkom om te bly!

Kyk gerus na ons launch website om meer uit te vind oor Nuus.News se aanbiedinge, en begin om ‘n verspreider te wees van Goeie Nuus in Afrikaans aan al jou vriende, familie en kollegas. Deel Nuus.News vandag en volg ons op Facebook.

Ons hoor graag van jou. Lewer jou kommentaar deur ons te kontak.

www.Nuus.News het ‘n spesiale plek vir kerke en nooi spesiaal kerkgangers uit om www.Nuus.News op hulle kerk platforms te versprei. Kerke is ‘n broeiplek vir Goeie Nuus. ‘n Kerk is ‘n sentrum vir Goeie Nuus en ons wil graag jou eerstehandse getuienisse en kerk prestasies bekend maak aan Suid Afrika en die wêreld, so raak sommer nou betrokke! Bring jou deel en laat Goeie Nuus die hoofstroomnuus word!


‘n Bietjie (nuttelose) inligting oor “nuus” van die woordeboeke af in eenvoudige taal omgesit: Verwante woorde aan die woord “Nuus”:

Nuusaanbringer: Dit is iemand wat nuus aandra, aanbring of bekend maak, gewoonlik aan ‘n gehoor wat dit vir die eerste keer hoor.

Nuusagent: ‘n Nuusagent is iemand wat nuus versprei as deel van ‘n ‘nuusagentskap’ of ‘n ‘nuus netwerk groep’. Die agent het gewoonlik insae tot ‘n poel van nuus inligting wat saam/deur ander nuusagente saamgestel is.

Nuusagentskap: ‘n Nuusagentskap is ‘n agentskap wat nuus versprei soos bv. Reuters, AFP, en soortgelyk.

Nuusberig: Dit is die term wat gebruik word om ‘n spesifieke nuus item of artikel te beskryf. Dit kan ‘n deel wees van ‘n groter nuus omvang.

Nuusberiggie: ‘n Klein, gewoonlik minder belangrike nuusberig.

Nuusblaadjie: Dit is ook gewoonlik ‘n klein nuusbron soos ‘n klein koerantjie of nuus brosjure. Dit word gewoonlik weekliks of maandeliks uitgegee. 

Nuusblad: Dit word gewoonlik deur ‘n nuusagentskap uitgegee op ‘n daaglikse grondslag. Dit kan in die vorm van ‘n koerant of aanlyn publikasie wees.

Nuusbrief: Dit is gewoonlik ‘n opsomming van nuusgebeure omvat in ‘n kompakte brief-formaat.

Nuusbrokkie: ‘n Uittreksel uit ‘n nuusberig.

Nuusdraer: Iemand wat nuus bekend maak. In Afrikaans het dit ‘n meer negatiewe konnektasie, dat die persoon wat persoon wat as ‘n nuusdraer gekenmerk is, iemand is wat nuus op ‘n ongewenste manier versprei.

Nuusgroep: Gewoonlik ‘n groep maatskappye wat nuuspublikasies versprei.

Nuuskierig/Nuuskierigheid: Dit beskryf ‘n begeerte, of ‘n honger, na onbekende inligting, in Engels: “Curiosity”.

Nuusleser: Iemand wat die nuus lees. Dit kan wees in die eerste persoon, iemand wat die nuus lees vir sy eie gebruik of dit kan ook bv. ‘n TV persoonlikheid wees wat die nuus voorlees aan ‘n gehoor op TV.

Nuusverspreier: Amper dieselfde as ‘n nuusaanbringer, maar dis ‘n persoon of organisasie wat doelbewus rondgaan na verskeie gehore en platforms toe en nuus versprei.

Nuus in Afrikaans

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONTDEK WIE JY IS IN HOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONTDEK WIE JY IS IN HOM En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is (Romeine 12:2). Voor die koms van die Messias

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE EER OM DIE EVANGELIE TE VERKONDIG

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GESEËND EN HOOGS BEVOORDEEL “To the praise of the glory of his grace, wherein he hath made us accepted in the beloved” (Efesiërs 1:6). Die woord “accepted” in die teks hierbo is ‘charito’ (Grieks), en dit beteken genade; dit wil sê om deurtrek te word met

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GESEËND EN HOOGS BEVOORDEEL

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GESEËND EN HOOGS BEVOORDEEL “To the praise of the glory of his grace, wherein he hath made us accepted in the beloved” (Efesiërs 1:6). Die woord “accepted” in die teks hierbo is ‘charito’ (Grieks), en dit beteken genade; dit wil sê om deurtrek te word met

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE GEES HET GEKOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE GEES HET GEKOM Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien (Joël 2:28). Die Bybel sê: “niemand kan

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
SIEN DIE WOORD IN PRENTE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: SIEN DIE WOORD IN PRENTE Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd (2 Korinthiërs 4:18). Wanneer jy die Skrif bestudeer, leer om dit te doen met prentjies. Sien

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
LEWE VIR SY HEERLIKHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: LEWE VIR SY HEERLIKHEID Hy het vir almal gesterf sodat dié wat lewe, nie meer vir hulself moet leef nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is (2 Korinthiërs 5:15). In hierdie laaste dae, is daar net een ding wat saakmaak: lewe

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JY IS WAT JY SÊ

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY IS WAT JY SÊ Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê:’ Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê gebeur, vir hom sal dit gebeur (Markus 11:23). Jou

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
EEN BROOD EN EEN LIGGAAM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: EEN BROOD EN EEN LIGGAAM Ons voorvaders het tog manna in die woestyn geëet soos daar geskryf staan: ‘Brood uit die hemel het Hy aan hulle gegee om te eet.’”Een brood en een liggaam (Johannes 6:31). Wat ons in ons temavers lees, was dat die Here

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JOU GELOOF SAL GETOETS WORD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU GELOOF SAL GETOETS WORD Omdat jy vasgehou het aan die getuienis van hoe Ek volhard het, sal Ek jou ook bewaar gedurende die tyd van hewige toetsing wat vir die hele bewoonde wêreld voorlê – daardie tyd wanneer al die bewoners van die aarde deeglik

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
EWIG OORWINNEND

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: EWIG OORWINNEND MAAR God sy dank wat ons altyd laattriomfeer in Christus en wat die reuk vansy kennis deur ons oral versprei(2 Korintiërs 2:14).. Deesdae word daar soveel nuus van moorden doodslag deur die media versprei; daaris meer swaarkry, strawwe ekonomiese toestande,boosheid en terreur in die

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WOORD IS ONS LEIDENDE BEGINSEL

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE WOORD IS ONS LEIDENDE BEGINSEL Die Heilige Gees leer ons duidelikdat in die laaste tye sommige mensesal wegdraai van wat ons glo; hullesal leuengeeste volg en leerstellingswat van bose geeste af kom(1 Timoteus 4:1). In hierdie eindtyd vóór die wegraping van diekerk, is afvalligheid een

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GEREGTIGHEID GEE JOU HEERSKAPPY

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GEREGTIGHEID GEE JOU HEERSKAPPY Die oortreding van hierdie een mens,Adam, het veroorsaak dat die dood oorons regeer, maar deur die een mens,Jesus Christus, word vir ons nog veelmeer gegee (Romeine 5:17). Die letterlike vertaling van die woord “regeer”in die vers hierbo is “koning” of “koningwees”; dit

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WOORD IN JOU

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE WOORD IN JOU Laat die rykdom van alles wat Christusons leer, julle leefstyl bepaal…(Kolossense 3:16). Jou reaksie op uitdagings en teëspoed van dielewe sal wees tot die mate waarin die Woordryklik in jou gees neergelê word. Op die dag van ‘nkrisis kan jy slegs uit

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
BEVORDER SY GEREGTIGHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: BEVORDER SY GEREGTIGHEID Want uit die ooste of weste, of selfsuit die woestyn, kom daar geenverheffing nie (Psalm 75:6). As God jou in ‘n bepaalde werk of besigheidplaas, gaan dit nie oor die kantoor of jouaanstelling nie. Wat vir hom belangrik is, is hoe effektiefjy jou

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WOORD EN JOU ONDERVINDING

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE WOORD EN JOU ONDERVINDING Stry die goeie stryd vir dit waarin onsglo. Hou stewig vas aan die ewigelewe wat God jou gegee het, en watjy so opreg bely het voor baie getuies(1 Timoteus 6:12). Daar is mense wat sê dat hulle bid, en nieantwoorde ontvang

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GEE WAAKSAAMHEID AAN JOU CHRISTUS-NATUUR

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GEE WAAKSAAMHEID AAN JOU CHRISTUS God het besluit om aan hullebekend te maak hoe wonderlik dieheerlikheid van hierdie geheim viralle volke is. Die geheim is: Christusleef in julle. Dit is die vooruitsig datjulle in die hemelse heerlikheid saldeel (Kolossense 1:27). Die ware wese van die Christendom