DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
EEN BROOD EN EEN LIGGAAM

Ons voorvaders het tog manna in die woestyn geëet soos daar geskryf staan: ‘Brood uit die hemel het Hy aan hulle gegee om te eet.’”Een brood en een liggaam (Johannes 6:31).

Wat ons in ons temavers lees, was dat die Here Jesus die Jode toegespreek het. In vers 32-33 het Hy voortgegaan, “… dis nie Moses wat aan julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar my Vader. En dit is Hy wat nou aan julle die ware brood uit die hemel gee. Die brood van God is Hy wat uit die hemel kom en aan die mensheid lewe gee.”

In die nege-en-veertigste vers beklemtoon Hy verder Sy punt, “Julle voorvaders het in die woestyn manna geëet en tog gesterf. Hierdie is die brood wat uit die hemel gekom het sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie.” Jesus is die lewende brood; die brood wat uit die hemel neergedaal het.

Hy het dit aan Sy dissipels in Johannes 6:51 verduidelik en gesê: “Ek is die brood wat lewe gee, wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir altyd lewe. En die brood wat Ek beskikbaar sal stel, is my liggaam. Dit doen Ek ter wille daarvan dat die wêreld kan lewe.” Die apostel Paulus verduidelik dan in 1 Korintiërs 10:17 hoe dit by ons aansluit. Hy het gesê: “Omdat ons almal aandeel aan een en dieselfde brood kry, maak ons almal saam, al is ons baie mense, een liggaam uit.” As ons een brood saam met Hom is, beteken dit dus dat ons dieselfde lewe het, want ons is gebore uit die Woord (1 Petrus 1:23), net soos Hy die Woord is wat vlees geword het (Johannes 1:14).

Kolossense 1:18 sê: “En Hy (Christus) is die hoof van die kerk, Sy liggaam …” Die kop en die liggaam deel dieselfde lewe. As ons Sy lewe deel, dan deel ons ook Sy gesondheid, voorspoed, krag en heerlikheid. Geen wonder dat Hy ons ‘deelgenote van die goddelike natuur’ noem nie; medewerkers van die Godsoort. 1 Johannes 4:17 sê: “soos Hy is,is ons ook in hierdie wêreld.” Jy is van dieselfde stofasie as Christus. Wandel daarom soos Hy gewandel het – in heerlikheid, geregtigheid, krag en heerskappy. Halleluja!

BELYDENIS

Geseënd is God! Ek is een met die Here, want ek is gebore uit Sy lewende en ewige Woord! My afkoms is goddelik; Ek is ontembaar en leef bo die elemente van hierdie wêreld. Ek regeer en heers glorieryk in hierdie lewe, deur Christus Jesus. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Efésiërs 5:30; 1 Johannes 4:17; 1 Korinthiërs 10:17 AMPC

Markus 5:1-20 & Levitikus 19-21

Matthéüs 16:13-20 & Exodus 2

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *