DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
SIEN DIE WOORD IN PRENTE

Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd (2 Korinthiërs 4:18).

Wanneer jy die Skrif bestudeer, leer om dit te doen met prentjies. Sien met jou geestesoog, glo en tree op in ooreenstemming. Dit is die seëninge wat jou gees vasvat wat sal manifesteer in jou lewe. Daarom, as jy luister na, of die Woord bestudeer, visualiseer jou oorwinning, voorspoed, gesondheid, vrede, vordering en sukses van binne en bevestig ooreenkomstig.

Voor die fisiese manifestasie van die heerlikheid en oorwinnings wat jy begeer in die lewe, moet jy dit eers van binne jou sien. Wanneer jy dit kan sien van binne, dan is dit joune. Jy kan dit nooit van buite hê, as jy dit nie eers van binne gehad het nie. Dit is waar sommige dit misgeloop het. Hulle wil dit eers fisies met hul oë sien, voor hul dit werklik noem. Dit is nie geloof nie. Geloof is om werklik te noem wat die menslike sintuie nie kan waarneem nie.

Byvoorbeeld, God het vir Abraham gesê: “Jy sal nie meer Abram genoem word nie, maar jy sal as Abraham bekend staan, want jy sal die vader wees van baie nasies…” (Genesis 17:5-6). Abraham moes eers homself visualiseer as die vader van baie nasies. Die tyd toe God met hom gepraat het was hy negeen-neëntig jaar oud en Sara, sy vrou, was ewe oud en onvrugbaar.

Nietemin, sê die Bybel: “Hy het nie getwyfel aan God se belofte nie; sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee” (Romeine 4:20). In Genesis 15:5, het die Here aan hom gesê, “…Kyk op na die naghemel en tel die sterre, Kan jy hulle tel? Net so baie sal jou nageslag wees!” Abraham het geglo. Hy het die prentjie gesien van sy ontelbare afstammelinge—ontelbaar soos die sterre—van binne. Wat is dit wat jy begeer in jou lewe vandag? Is dit ‘n kind? Sien dit eers van binne. Is dit die groei en uitbreiding van jou kerk, ‘n nuwe werk of besigheid? Skep die prentjie en neem dit in besit in die gees en met jou gees, eerste, want dit is alreeds ‘n werklikheid in die geestes-realm. Halleluja!

GEBED

Liewe Vader, dankie vir die geskenk om die wonderlike seëninge wat U vir my voorberei het te vat en te geniet in Christus. Ek visualiseer my oorwinning, voorspoed, gesondheid, vrede, vordering en sukses in u Woord deur die krag van die Heilige Gees en neem hierdie realiteite in besit deur my geloofsverklarings. Die meetsnoere het vir my op lieflike plekke geval en ek het inderdaad ‘n mooi erfenis. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Prediker 3:11; Genesis 13:14-15; Genesis 15:5-6

Markus 6:30-56 & Levitikus 25

Matthéüs 17:14-21 & Exodus 5

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *