DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JY IS WAT JY SÊ

Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê:’ Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê gebeur, vir hom sal dit gebeur (Markus 11:23).

Jou lewe is die opsomming van die woorde wat vanuit jou kom. Ons openingsvers lê klem op die belangrikheid dat jou lewe met jou woorde omraam word. Dit is die mooiste natuurlike gawe van God aan die mens- die gawe van woorde. Die vermoë om te praat en woorde te skep.

Wat jy sê sal jy kry en hier is daar geen middeweg. As ’n Christen, moet jy bly spreek: As jy in gesondheid wil lewe, spreek gesondheid. As jy in geregtigheid wil wandel en altyd goeie werke voortbring in geregtigheid, spreek dan geregtigheid. Verklaar gereeld doelbewus, “Ek is die regverdige van God in Christus Jesus. Ek bring werke en vrugte van geregtigheid voort.”

Jy moet dit sê, om dit te lewe. Jy mag sê: “Wat as ek niks gesê het nie? Hoe sal my lewe wees?” Jy het steeds ‘n oes. Ongelukkig sal dit die verkeerde een wees. Dis soos om ‘n tuin te verwaarloos. Onkruid sal beslis groei vanself. Hou jouself in oorwinning, heerskappy en voorspoed met jou woorde.

God het alreeds als gedoen wat nodig is vir jou om ‘n lewe te hê en ten volle te geniet in Christus, deur die krag van die Heilige Gees. Dit is jou verantwoordelikheid nou om dinge so te hou en dit is hoofsaaklik deur jou belydenis. Bevestig altyd dat jy ‘n goeie lewe het. Verklaar dat jy geroep is vir heerlikheid en reinheid- ‘n lewe van krag en morele uitmuntendheid. Maak hierdie verklarings elke dag.

Daar is niks wat jy nie het nie (1 Korinthiërs 3:21; 2 Petrus 1:3), en daar is niks wat jy nie kan doen nie (Filippense 4:13). Daarom, verklaar altyd oorvloed, bonatuurlike voorsiening, krag, moontlikhede en oorwinnings en jou lewe sal gaan in daardie rigting alleenlik.

BELYDENIS

Die heerlikheid van God is geopenbaar aan my vandag. Sy wysheid word gesien en gehoor in my soos ek in die Woord wandel en vrugte van geregtigheid voortbring. Ek is bonatuurlik toegerus en voorsien. Niks ontbreek of is stukkend in my lewe nie! Ek is vol van krag, want Christus is in my. Hy is my heerlikheid, my geregtigheid, wysheid, sukses en voorspoed. Loof sy Naam vir altyd.

VERDERE STUDIE:

Hebreërs 11:3; Matthéüs 12:36-37 NIV

Markus 5:21-43 & Levitikus 22-23

Matthéüs 16:21-28 & Exodus 3

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *