DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
EWIG OORWINNEND

MAAR God sy dank wat ons altyd laat
triomfeer in Christus en wat die reuk van
sy kennis deur ons oral versprei
(2 Korintiërs 2:14)..

Deesdae word daar soveel nuus van moord
en doodslag deur die media versprei; daar
is meer swaarkry, strawwe ekonomiese toestande,
boosheid en terreur in die wêreld as ooit tevore. Die
wêreld het ’n kritieke kookpunt bereik. Maar jy het
niks om te vrees nie, want jy is in Christus. Christus is
jou land, jou tuiste en jou omgewing.
In Christus is jy ewig oorwinnend. Jy het al die
antichrisgeeste van hierdie wêreld oorwin. 1 Johannes
4:4 sê: “Julle is uit God, my kinders, en het hulle
oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat
in die wêreld is.”
Toe het Paulus, deur die Gees, in Romeine 8:35,37
verklaar: “Wie sal ons skei van die liefde van Christus
— verdrukking of benoudheid of vervolging of honger
of naaktheid of gevaar of swaard? Maar in al hierdie
dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons
liefgehad het.”
Dit maak nie saak watter toetse, beproewings,
vervolging, hewige storms en druk jy in die gesig staar
nie; jy is meer as ’n oorwinnaar. Die Woord van God
is onfeilbaar en onbetwisbaar en daardie Woord sê dat jy ’n oorwinnaar in Christus Jesus is.
Niks behoortjou te oorweldig nie, want die groter Een leef in jou
en sorg dat jy altyd oorwin, in alles en oral. Dit is jou
lewe in Christus! Geseënd is God!

BELYDENIS:

Ek vorder van heerlikheid tot heerlikheid; my lewe
is ’n getuienis van God se oorvloed en Sy onfeilbare
liefde. Hy oorlaai my daagliks met voordele en lei my
in ’n voortdurende oorwinningsparade. Ek wandel in
die krag van die Gees, ek heers en regeer in genade
deur geregtigheid. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Jesaja 43:2 AMPC; Kolossense 1:27

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *