DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WOORD EN JOU ONDERVINDING

Stry die goeie stryd vir dit waarin ons
glo. Hou stewig vas aan die ewige
lewe wat God jou gegee het, en wat
jy so opreg bely het voor baie getuies
(1 Timoteus 6:12).

Daar is mense wat sê dat hulle bid, en nie
antwoorde ontvang nie. Sommige ander
betreur dat hulle soveel aan God gegee het, maar
nooit veel in ruil daarvoor ontvang het nie. Daar is
ook diegene wat sê, “Ek spreek al lank die Woord
oor my liggaam, maar tog is ek siek.” As jy jouself
in soortgelyke situasies bevind, moet jy weet: jou
ervaring moet nooit jou vertroue in die Woord
beïnvloed nie.

Die Woord misluk nooit. Die Woord van God
is waarheid, ongeag wat jou ervarings kan wees.
Net omdat dit ‘n paar dae of maande duur en daar
steeds geen verandering is soos jy verwag nie,
beteken dit nie dat die Woord nie werk nie. Jy moet
verstaan dat Christelike groei en volwassenheid
progressief is en dat daar ‘n stryd van geloof is.
Daar is ook die kwessie van jou beperkte kennis
van die Woord. Miskien weet jy nie genoeg oor die
onderwerp waarmee jy te doen het nie. Wat jy dus
moet doen, is om aan te hou voed op die Woord
en jou geloof te beoefen. Dit is opleiding.

As dit jou byvoorbeeld op ‘n sekere tyd in jou
lewe ‘n rukkie geneem het om jou geloof te gebruik
om ‘n sekere doel te bereik, moet jy nie moedeloos
word nie. Laat jou geloof eerder groei tot die vlak
dat dit dieselfde resultaat kan lewer wanneer jy
dit wil hê! As dit jou die eerste keer drie maande
geneem het, sê vir jouself, “Volgende keer kry ek
dit oor ‘n week of selfs minder.” Begin dan om die
Woord te bestudeer en te oordink met jou nuwe
doel.

Dis hoe jy jouself leer uit die Woord en in die
Geloofslewe; jy gee nie op nie! Jy staan vas, vol
vertroue dat God se Woord die oorhand sal hê oor
omstandighede en jy voortdurend sal oorwin.

GEBED:

Liewe Vader, dankie vir die waarheid van u Woord.
Ongeag die teëspoed waarmee ek te make het, ek
bly by u Woord! Elke ongunstige situasie sluit aan by
my natuur as ‘n medewerker van die Godsoort. Ek
hou my oog op die Woord, en ek wen altyd, in Jesus
se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Jona 2:8; Romeine 4:18-20; Hebreërs 11:6

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *