DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
BEVORDER SY GEREGTIGHEID

Want uit die ooste of weste, of selfs
uit die woestyn, kom daar geen
verheffing nie (Psalm 75:6).

As God jou in ‘n bepaalde werk of besigheid
plaas, gaan dit nie oor die kantoor of jou
aanstelling nie. Wat vir hom belangrik is, is hoe effektief
jy jou kantoor gebruik om Sy geregtigheid te bevorder.
Hy wil hê dat jy passievol moet wees vir die Evangelie
en die vestiging van Sy Koninkryk in die harte van
mense en nasies van die aarde.

Oral waar jy is, wees besig vir die Here. Staan
vir Hom. Jy is Sy ambassadeur en ‘n bedienaar van
versoening (2 Korintiërs 5:20-21). Wat die meeste in
jou lewe tel, is wat jy met die Evangelie doen, tot die
verlossing van mense, ongeag jou beroep.

Die apostel Paulus het in 2 Korintiërs 8:23 sekere
persone geprys wat saam met hom op sy sendingreise
was. Hy was trots op hul toewyding aan die Evangelie
en het gesê, “…hulle is verteenwoordigers van die
gemeentes en ’n eer vir Christus” Wat ‘n getuienis!
Verteenwoordigers van die gemeentes en ’n eer vir
Christus. Wat ‘n eer. Dit maak nie saak waar jy is of
wat jou roeping is nie; sien jouself as die gestuurde
een; verteenwoordig die kerk en die heerlikheid van
Christus.

Verkondig die Evangelie. Bedien die Woord aan
diegene in jou wêreld. Die Bybel sê dat Hy “…ons
bekwaam gemaak het om as bedienaars van die nuwe
verbond op te tree, nie met die wet as inhoud nie,
maar met die Gees as inhoud. Want die letter maak
dood, maar die Gees maak lewend.” (2 Korintiërs 3:6).
Jy is God se mondstuk; praat vir Hom! Doen Sy werk.
Doen groot dinge vir Hom. Wees waaghalsig. Laat niks
jou stil hou nie. Hou aan om Sy boodskap van geloof,
hoop en liefde met dringendheid oor te dra, want die
einde van alle dinge is naby (1 Petrus 4:7).

GEBED:

Geseënde Vader, ek dank u vir die genade wat u aan
my verleen het om relevant te wees vir die bediening
van die Evangelie, om u geregtigheid oor die hele
wêreld te verkondig en te versprei. My lewe is ‘n
getuienis van u krag soos ek van Christus en van Sy
reddende genade getuig, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 5:15; 2 Korinthiërs 5:18; Romeine 1:16

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *