DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
LEWE VIR SY HEERLIKHEID

Hy het vir almal gesterf sodat dié wat lewe, nie meer vir hulself moet leef nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is (2 Korinthiërs 5:15).

In hierdie laaste dae, is daar net een ding wat saakmaak: lewe vir die Here. Lewe vir Sy heerlikheid- leef ‘n doelgerigte lewe. Jesus het aan ons ‘n voorbeeld gestel om te volg in die verband. . In Johannes 17:4, sê Hy, “…Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U my gegee het om te doen.”

Dit behoort jou denkwyse ook te wees: om die Vader te verheerlik moet jou passie en doel om te lewe wees. Hoe verheerlik jy die Vader? Deur Sy wil te doen, te doen wat Hy jou toevertrou om te doen en die werk te voltooi. Het jy die doel vir jou lewe ontdek? Is jy passievol vir sy werk?

Die doel van die Vader is die verlossing van die hele wêreld. Dit is die rede waarom Hy Jesus gestuur het en jou doel in die lewe is verbind hieraan. Maak nie saak wat jy doen in die lewe nie, as jy nie die verlorenes bereik en siele wen nie, lewe jy ’n leë onvervulde lewe. Die Bybel sê God wil nie hê dat enigeen verlore moet gaan nie, maar dat almal tot inkeer sal kom (2 Petrus 3:9). Jy bring aan Hom die heerlikheid deur te maak dat dit gebeur.

Hy streef daarna om die lewe van diegene om jou mooi maak en hul in geregtigheid te lei deur jou- dit is ’n doelgerigte lewe. Dit maak nie saak hoe vrugbaar of effektief jy mag gewees het in ander areas nie. Jy moet streef daarna om uit te blink in sielewinning, om die evangelie na die verlorenes te vat, diegene sonder hoop, gebroke en platgeslaan, nie net in jou wêreld, maar ook in gebiede verder.

‘n Lewe goed geleef, ‘n suksesvolle lewe wat God behaag, is een wat daardie dinge bereik wat God jou bestem het om te doen. Daarom, verheerlik Hom deur effektief mense na geregtigheid te lei.

GEBED

Liewe Vader, ek dank U dat U my die geleentheid gee en ook die vermoë om mense in my wêreld te beïnvloed met die evangelie. Ek gaan vandag voort, in die volheid van die seëninge van Christus en beïnvloed my wêreld met U genade en geregtigheid, draai mense van duisternis na die lig en vanaf die krag van Satan na God. In Jesus Naam.Amen.

VERDERE STUDIE:

Johannes 15:8; Matthéüs 5:16; 2 Korinthiërs 5:15 AMPC

Markus 6:1-29 & Levitikus 24

Matthéüs 17:1-13 & Exodus 4

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *