DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GEREGTIGHEID GEE JOU HEERSKAPPY

Die oortreding van hierdie een mens,
Adam, het veroorsaak dat die dood oor
ons regeer, maar deur die een mens,
Jesus Christus, word vir ons nog veel
meer gegee (Romeine 5:17).

Die letterlike vertaling van die woord “regeer”
in die vers hierbo is “koning” of “koning
wees”; dit is die werkwoord van koningskap. Jy sou
dus kan sê, “Diegene wat oorvloed van genade en
die gawe van geregtigheid ontvang, sal “koning” of
“konings wees” in die lewe” deur Jesus Christus.
Openbaring 1:6 sê dat Hy ons konings en priesters
vir God gemaak het; en wat doen konings? Hulle heers
en regeer; hulle oefen gesag en heerskappy uit oor hul
ryk. In die eerste vers hierbo regeer ons op die gebied
van die lewe.

Geregtigheid is die goddelike vryspraak deur
geloof, op grond van die nuwe skepping in Christus
Jesus. Dit is ‘n geskenk van God aan die hele wêreld,
geaktiveer vir diegene wat die heerskappy van Jesus
ontvang en bely. Dit is hulle wat in die lewe sal regeer!
Die Amplified weergawe sê, “…they shall reign as kings
in life.”

Geregtigheid gee jou heerskappy; geregtigheidbewustheid
skakel skuld, veroordel ing of
minderwaardigheid uit, en plaas jou bo Satan en sy
beskuldigings. Dit gee jou ook die vrymoedigheid en
vertroue om tot God te bid en antwoorde te verwag;
jy is nie bang en onbeskaamd voor Hom nie, want
jy het vrede met Hom deur die Here Jesus Christus
(Romeine 5:1).

Sonder ‘n begrip van geregtigheid, kan jy regtig
nie oorwinnend leef oor die teëstander en teëspoed
nie. Jy sal onderworpe wees aan die elemente van
hierdie wêreld, terwyl jy bedoel is om daaroor te heers
en te regeer.

Raak meer bewus daarvan dat jy die geregtigheid
van God in Christus Jesus is. Bly en leef in die Woord.
Verklaar in geloof, “Ek is ‘n koning en ek regeer in
geregtigheid; ek is beter as Satan, sy demone en
omstandighede.” Deur die krag van Jesus Christus
word die hele wêreld voor jou onderwerp. Jy het die
heerskappy oor Satan en die heersers van die duisternis
van hierdie wêreld! Eer aan God!

BELYDENIS:

Ek is geregtigheidsbewus. Daarom is ek baas oor
omstandighede, demone en die manipulasie daarvan.
Die engele van God dien selfs nou namens my, want
ek het ‘n oorvloed van God se genade ontvang en ek
is ‘n kampioen in hierdie lewe. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Romeine 5:20-21; Romeine 5:17 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *