DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GEE WAAKSAAMHEID AAN JOU CHRISTUS

God het besluit om aan hulle
bekend te maak hoe wonderlik die
heerlikheid van hierdie geheim vir
alle volke is. Die geheim is: Christus
leef in julle. Dit is die vooruitsig dat
julle in die hemelse heerlikheid sal
deel (Kolossense 1:27).

Die ware wese van die Christendom is
Christus in jou, wat Homself in en deur jou
manifesteer en uitdruk. Die Christen is dus iemand wat
die lewe, aard, karakter en geregtigheid van Christus
uitdruk en demonstreer. Dit is een van die dinge wat
jy nagaan as jy jouself geestelik beoordeel; hoeveel
jou optrede, gesindheid, woorde en karakter Christus
verpersoonlik.

Byvoorbeeld, wanneer jy beledig word, bly jy
getrou aan jou Christus-natuur of laat jy vlees die
oorhand kry? As iemand wat wedergebore is, regeer
Christus jou lewe; jy het Sy natuur. Daarom, in alles
wat jy doen, en te alle tye, weier om toe te gee aan
die vlees; reageer eerder vanuit jou Christus-natuur.
Wanneer jy praat, laat Christus gehoor word. Laat
Sy liefde afgee deur jou woorde en dade.

Laat Sy wysheid jou hoorders bedek terwyl jy net genadige en
opbouende woorde spreek; laat Hom deur jou praat.
Laat Hy deur jou oë sien, met jou bene loop en met
jou hande werk. 2 Korintiërs 4:11 sê, “Gedurig word
ons wat nog lewe, ter wille van Jesus aan die dood
uitgelewer sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike
liggaam sigbaar kan word.” Dit is Christenskap.

Al wat God in jou wil openbaar, is Christus; lewens
deur jou aan te raak en te verander. Die profeet het
gesê, “…sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe…”
(Jesaja 53:10 – 1983 Vertaling); jy is daardie nageslag.
Halleluja. Jy openbaar die heerlikheid en skoonheid
van Christus. Daardie heerlikheid is in jou gees, waar
Christus wandel. Daarom, kyk binne toe, sien die
heerlikheid binne in jou en openbaar dieselfde aan
jou wêreld.

BELYDENIS:

Ek het ‘n nuwe lewe en natuur – die lewe en natuur
van God. Ek was herskep in geregtigheid en ware
heiligheid, om die wil en natuur van die Vader uit te
druk. Ek gee uitting aan die geregtigheid van God in
elke oomblik, elke plek, by elke geleentheid. Amen.

VERDERE STUDIE:

Efésiërs 4:23-24 AMPC; 1 Petrus 2:9 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *