DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WOORD IS ONS LEIDENDE BEGINSEL

Die Heilige Gees leer ons duidelik
dat in die laaste tye sommige mense
sal wegdraai van wat ons glo; hulle
sal leuengeeste volg en leerstellings
wat van bose geeste af kom
(1 Timoteus 4:1).

In hierdie eindtyd vóór die wegraping van die
kerk, is afvalligheid een van die verskynsels wat
ons sal aanskou (2 Tessalonisense 2:3). Baie sal van die
geloof afvallig raak, omdat hulle ag gee op verleidende
geeste – geeste wat mense lok om nie in God te glo
nie, om nie die waarheid te glo nie. Hierdie geeste
lok mense van die regte pad af om aandag te gee aan
leringe, bewerings en instruksies van demone.
Die leerstellings van demone is nie nuut nie.

Eva het teen God gesondig deur ‘n leerstelling van Satan.
Satan het vir haar gejok, haar van die waarheid gelok,
en sy is mislei (1 Timoteus 2:14). Satan het geen
persoonlike kontak met haar gehad nie; hy het deur die
slang gewerk om die waarheid van God se instruksies
te bevraagteken; die slang het aan haar iets anders
voorgestel, wat ‘n verdraaiing van God se Woord was.
Hy het vir haar gesê, “Het God regtig gesê julle mag
niks van die vrugte in die tuin eet nie?” (Genesis 3:1).

Dit is soos wat jy vandag in sekere kringe vind;
terwyl die Woord van God leer, “Wees lief vir wie jy
trou,” sê hulle, “Trou met wie jy liefhet.” Waarna mik
hulle? Die idee van huwelike van dieselfde geslag!
Dus, ‘n man kan sê, “Wel, die huwelik gaan oor liefde;
ek is verlief op ‘n ander man.” Dis die verleiding; ‘n
leerstelling van demone!

Baie word subtiel op die verkeerde pad gelok, met
tekste wat verkeerd geïnterpreteer word, en hulle dink
alles is goed; iets is verkeerd. Die Bybel sê, “Ondersoek
julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met
Christus staan…” (2 Korintiërs 13:5). Daar is geen
ander manier om jouself te ondersoek behalwe deur
die Woord van God nie.

Daar sal nooit ‘n opdatering van die Bybel wees
nie. Dit waarin jy glo en leef, moet ooreenstem met
wat die Bybel sê. Die Woord van God is, en moet, jou
leidende beginsel vir die lewe wees. Daardie Woord
sê, “Besef julle dan nie dat mense wat ’n sondige
lewe lei, geen deel sal kry aan die koninkryk van
God nie? Moenie julleself mislei nie. Mense wat
’n onsedelike lewe lei, afgodsdienaars, egbrekers,
manlike prostitute en die mans wat met hulle
omgaan, diewe, gierigaards, drinkers, kwaadpraters,
swendelaars – nie een van hierdie mense sal deel kry
aan die koninkryk van God nie” (1 Korintiërs 6:9-10).

GEBED:

Liewe Vader, dankie vir u Woord, wat ‘n lamp vir my
voete en ‘n lig vir my pad is. Ek glo, aanvaar en leef
slegs volgens u Woord. My gedagtes, keuses, idees,
opinies en besluite word aan u Woord onderwerp.
My stappe word volgens u Woord georden, wat my
altyd betroubare gids is, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

1 Korinthiërs 3:11; Romeine 12:2; 2 Korinthiërs 13:5 NIV

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *