DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
MOENIE VIR DIE SATAN PLEK GEE NIE
Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:
Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom
en het aan My niks nie (Johannes 14:30).
Indien hulle toegelaat word, kan demoniese geeste ’n Christen teister, beïnvloed, of selfs martel. Die apostel Paulus vermaan soos volg: “Leave no [such] room or foothold for the devil [give no opportunity to him]” (Efesiërs 4:27 AMPC).
Daar is byvoorbeeld Christene wat soms nagmerrie ervarings het, maar op die ou end is dit eintlik ’n werklike ervaring en nie net ’n droom nie. In sommige gevalle kan daar selfs dierlike figure betrokke wees. Die persoon bid dalk hieroor, maar tog verander die situasie nie.
Dikwels is dit die Satan wat probeer om ’n band tussen homself en sulke individue te handhaaf deur iets in hul harte te saai, soos ’n gedagte — ’n onreine gedagte. Solank sulke mense dan daardie gedagtes van die Satan toelaat en koester, is daar ’n blywende verbinding. So, selfs as hulle hom wegjaag in Jesus se naam, solank sy gedagtes in hul harte bly, behou hy sy verbinding en hou hy aan terugkom.
Soms kan dit vrees wees. Hy plant vrees en met daardie verbinding hou hy aan om terug te kom. Wanneer jy bid en hom teregwys, maar sonder dat jy dit besef steeds dit wat hy in jou gehad het bewaar, hou hy aan terugkom. Dis hoekom jy, soos Jesus, niks van die Satan in jou moet hê nie. Hy (Jesus) het in ons temavers gesê: “…want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.”
Hou jou hart skoon van enigiets wat van die Duiwel af is. Weier om vrees, woede, wrokkigheid, bitterheid of onvergewensgesindheid te koester. Laat liefde in jou hart heers. Moet nooit vatbaar wees vir vrees nie, ongeag wat om jou aangaan. Jesus het gesê: “Ek het die Satan soos ’n bliksem uit die hemel sien val” (Lukas 10:18). Moet nooit vir hom bang wees nie, want hy is ’n verslane vyand en het geen gesag oor jou nie.
BELYDENIS
Ek is die geregtigheid van God in Christus Jesus en ek het die lig van die lewe. Daar is geen duisternis in my nie. Deur die bloed van die Here Jesus Christus, waardeur ek voortdurend gereinig en gesuiwer word, het die Satan geen plek in my nie. Hy het geen invloed in my lewe nie en ek heers oor hom, in die Naam van die Here Jesus! Amen.
VERDERE STUDIE:
Efésiërs 4:27 AMPC; Jakobus 4:7; 1 Johannes 4:4
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 403:
Users – 6
Guests – 397
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)