DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
LÉÉF SOOS ’N CHRISTEN
Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:
“Elkeen wat deur God verwek is, hou nie aan sonde doen nie omdat God se saad in hulle bly. Hulle kan ook nie aanhou sonde doen nie omdat hulle deur God verwek is” (1 Johannes 3:9).
Om die teksvers hierbo reg te verstaan, moet jy dit in die regte konteks bestudeer. Die doel hierdie vers sien ons eintlik in die 6de vers van die voorafgaande hoofstuk, dit lui: “…Dié wat beweer dat hulle in ’n noue verbintenis met Hom leef, moet self ook leef soos Hy geleef het” (1 Johannes 2:5-6). Let daarop dat dit nie sê: “Die wat beweer dat hulle in ’n noue verbintenis met Hom leef, leef net soos Hy geleef het” nie. Inteendeel, dit sê as jy ’n Christen is, moet jy soos ’n Christen leef; leef soos Hy (Jesus) geleef het.
Romeine 8:6 sê vir ons: “As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.” Hier leer Hy ons om in die Gees te wandel. Hy sê: “Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie” (Galasiërs 5:16). Dit is alles instruksies en leiding wat aan ons gegee word, deur die Woord van God.
Romeine 6:1-2 sê: “Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voortlewe!” Geen Christen is vry om verkeerd te doen nie. Jy is geroep om geregtigheid te vertoon; om in sy geregtigheid te wandel. Die lewe wat ons in Christus het, is sonde-vry. Al is dit moontlik om foute te maak in jou geloofswandel sê die Bybel: “…die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde” (1 Johannes 1:7). Hy het outomatiese reiniging vir ons voorberei. Wat Hy verwag is dat jy jouself moet oorgee aan die Woord, om geleer te word, om in geregtigheid gelei te word, want deur die Woord sal jy ontdek dat jy gereinig is van alle ongeregtigheid (Johannes 15:3) en die vermoë het om sonde-vry te leef. Prys die Here!
GEBED
Dierbare Vader, dankie vir u genade en die krag van u geregtigheid wat in my werk! Ek wy myself aan die Woord om geleer te word, om in geregtigheid gelei te word. Die sonde het geen mag oor my nie. Ek het die korrektheid van God in my gees en dit word uitgedruk in my gedagtes, woorde en optrede, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
1 Johannes 5:18; 1 Johannes 2:1; 1 Johannes 2:28-29
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 1523:
Users – 4
Guests – 1519
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)