DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE WEGRAPING IS NADER AS OOIT
Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees (1 Tessalonisense 4:17).
Deur die Gees het die apostel Paulus die openbaring van die Wegraping van die kerk en gesê: “Ek wil aan julle ’n diep waarheid vertel…” (1 Korintiërs 15:51). Dit is waarom baie mense nie die Wegraping verstaan nie; dit is ’n raaisel; ’n goddelike openbaring. Hy het gesê: “Ek wil aan julle ’n diep waarheid vertel wat God aan ons bekendgemaak het. Dit is dat ons nie almal sal sterf nie, maar ons almal sal verander word. Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word” (1 Korintiërs 15:51-52). Die onderstreepte gedeelte wys hoe vinnig die Wegraping sal plaasvind; dit sal so vinnig wees dat daar nie tyd sal wees vir diegene wat nie gereed is nie, want dit is iets waarvoor jy jou hele lewe lank moes voorberei het.
In ons tema-vers vind ons ’n uitdrukking wat sinoniem is met die term ‘Wegraping’; dit is die frase ‘weggevoer’ wat van die Griekse woord ‘harpaz’ kom. Dit beteken om met geweld te gryp, te vang (weg, op), pluk, trek, neem.
Tydens die Wegraping sal dit nie saak maak waar jy is nie; die krag van God sal jou wegneem uit hierdie wêreld uit. Christene wat gesterf het, sal opgewek word en saam met hulle sal ons in die wolke weggevoer word om die Here te ontmoet. Wat ’n dag sal dit wees!
Wanneer gaan dit plaasvind? Dit is nader as ooit; dit sal binnekort gebeur. Jou verantwoordelikheid is om voorbereid te wees, deur jou lewe elke dag vir die Here te leef. Hou aan om in liefde te wandel en hou jou geloof geaktiveer om weggeraap te word na die Here toe wanneer Hy verskyn.
Die Bybel sê dat Hy kom vir ’n kerk sonder vlek, rimpel, letsel, of enige so iets (Efésiërs 5:27). Leef elke dag, elke oomblik van jou lewe in sy geregtigheid en produseer werke en vrugte van geregtigheid.
BELYDENIS
Die Here Jesus kom vir ’n kerk sonder vlek, rimpel, letsels, of so iets en ek is gereed. My geloof is geaktiveer om weggeraap te word om vir ewig by die Here te wees! Maar in afwagting van hierdie glorieryke ‘wegraping’, draai my lewe en passie oor sy koninkryk en die uitbreiding daarvan en deur my word baie meer mense opgeteken vir die Wegraping, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
1 Thessalonicense 4:16-17; 1 Johannes 2:28; Matthéüs 24:27
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 1046:
Users – 3
Guests – 1043
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)