Dagstukkies Rhapsody of Realities Verse for the day 9 5 Daily Devotional

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
BLY GETROU AAN DIE EVANGELIE

In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie (2 Korintiërs 4:8).

Die Christenskap wat ons vandag geniet, het nie op ’n goue skinkbord na ons toe aangekom nie. As jy oor christelike martelare lees, sal jy vind dat baie mense doodgemaak is, onthoof is, weens hul getuienis van Christus. By een geleentheid is meer as ses-duisend mans, soldate, afgemaai vir hul geloof in Jesus Christus. Hulle het die evangelie met hul hele hart geglo en niks het hulle verhinder om dieselfde geloof wat hulle ontvang het, aan die volgende geslag oor te dra nie.

Al die vryheid wat jy vir jare lank geniet om die Here te aanbid, Hom in die kerk te prys, samekomste by te woon en deel te neem aan lewensveranderende vergaderings, is gekoop met die diep stryd, gebede, bloed, sweet, trane, geloof, vasberadenheid en passie van ander mans en vroue wat hul lewens vir die evangelie opgeoffer het. Hulle is nie net vervolg nie, baie is lewend begrawe. Sommige is middeldeur gesaag; wreedaardig vermoor, vir hul geloof in Jesus Christus.

Die vervolging van Christene vind vandag nog in verskillende lande plaas. Sommige lande het konsentrasiekampe waar Christene wrede, boosaardige behandeling verduur vir hul geloof in Jesus. ’n Baie onlangse verslag toon amptelik dat Christene die mees vervolgde groep mense ter wêreld is.

Ek bring jou hierdie boodskap, sodat jy kan verstaan dat die geloof wat ons in Jesus Christus het, die boodskap van Christus wat ons geglo het, alles die moeite werd is. Ondanks die vervolging het diegene voor ons hul geloof gehandhaaf en aan die evangelie getrou gebly. Dit moet en behoort dieselfde te wees in ons tyd.

Dit maak nie saak wat in jou stad of land gebeur nie, bly getrou aan Christus. Moenie wankel nie. Soos ons in die temavers lees, gee ons nie moed op nie; ons gooi nie tou op nie. Verkondig die Woord binne en buite seisoen. Niks moet skrikwekkend, of intimiderend genoeg wees om jou stil te maak nie, want Hy wat in jou is, is groter as al die teëstanders en teenspoed in die wêreld. Halleluja!

BELYDENIS

Ongeag die verdrukking, nood, vervolging, of gevaar in hierdie wêreld, is ek meer as ’n oorwinnaar deur Hom wat my liefgehad het – Christus Jesus, my Here! Ek is oortuig daarvan dat nóg die dood, nóg die lewe, nóg engele, of owerhede, of magte, absoluut niks my kan skei van die liefde van God wat in Christus Jesus is nie. Ek bly standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk om die evangelie na die uithoeke van die aarde te versprei. Amen.

VERDERE STUDIE:

Romeine 8:35-39; 1 Thessalonicense 3:7-8 NLT

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *