DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
MOENIE DIE DRANG OM TE BID IGNOREER NIE
Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug (Jakobus 4:7).
As Christen is dit belangrik dat jy weet hoe om die lewe wat God jou gegee het ernstig op te neem en hoe om geestelik te reageer wanneer sekere dinge om jou gebeur. Dit is waarom gebed belangrik is. Wanneer ons bid, gebeur dinge. Hy het nooit gesê ons moet tevergeefs bid nie.
Elkeen wat die Heilige Gees het, sal van tyd tot tyd die drang hê om te bid, want Hyself is die Gees van gebed. Hy leer ons om te bid en Hy bid deur ons. Hy ontroer ons harte om te bid en sit selfs woorde in ons monde waarmee ons bid. Solank jy ’n Geesvervulde lewe lei sal jy altyd die drang hê om te bid. Hoe anders weerstaan jy die Duiwel?
Die Duiwel is ’n geestelike wese; ons staan hom nie teë met spiere en menslike krag nie. Ons staan hom nie teë met aardse dinge nie; ons staan hom teë met ons geloof. Die Bybel sê dat ons die Duiwel moet weerstaan en dan sal hy vlug (Jakobus 4:7); hy het geen keuse nie. Hy is vreesbevange vir ons, weens Jesus se Naam.
Wanneer jy verstaan watter enorme krag vir jou gegee is om die Satan se aktiwiteite te neutraliseer – of dit nou in jou lewe, of dié van jou geliefdes, jou stad of jou nasie is – sal jy lief wees om te bid! Moenie handjies gevou sit en kyk hoe die Duiwel verwoed om jou tekere gaan nie. Bid! Gebruik die Naam van Jesus teen hom.
Soos jy met God gemeenskap hou in gebed, sal die Heilige Gees jou dinge wys waaroor jy moet bid en ook hóé jy daarvoor moet bid. Hy wys jou hoe om dinge in die geesteswêreld uit te sorteer en te seëvier. Halleluja!
GEBED
Dankie geseënde Vader vir die voorreg om te bid en die seëning om in tale te bid. Ek is oop vir die leiding van die Gees om te verseker dat, deur gebed, u wil geskied op die aarde soos in die Hemel. U karakter en persoonlikheid word deur my openbaar, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
1 Thessalonicense 5:17; 1 Korinthiërs 14:2;
Romeine 8:26-27
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 1290:
Users – 3
Guests – 1287
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)