DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
AFSTAMMELINGE VAN LIEFDE
Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie (1 Korintiërs 13:4).
Die Bybel sê vir ons dat God liefde is (1Johannes 4:8); liefde is sy natuur – wie Hy is. Wanneer ons van die eienskappe van liefde praat, praat ons dus van God se eienskappe. Pas dit toe op die openingskrif en dit lui: “God is lankmoedig en vriendelik; God is nie jaloers nie; God praat nie groot nie, is nie opgeblase nie.” Halleluja!
Onthou hoe Jesus geleef het toe Hy op aarde was! Hy was die toonbeeld van liefde. Sy werke was werke van liefde. Sy woorde was woorde van liefde. Hy was liefde in beweging. Jesus was in Galilea die indringing van liefde in die strate van Galilea. Liefde dring die atmosfeer binne. Wat nou van jou? Die Bybel sê jy is ’n afstammeling van God (1 Petrus 1:23), wat beteken dat jy die voortplanting van liefde is.
Die afstammeling van ’n arend sal ’n arend wees. Die afstammeling van ’n mens, sal ’n mens wees. Die afstammeling van Liefde (God) is dus liefde! So, as jou naam Phillip is, byvoorbeeld, behoort jy te sê: “Phillip is lankmoedig en vriendelik; Phillip is nie jaloers nie; Phillip praat nie groot nie, is nie opgeblase nie.” Prys die Here!
God se Woord wys ons wie ons is; dit is ‘n spieël. Wanneer jy in die spieël gekyk het, moet jy nie vergeet hoe jy gelyk het nie: geduldig, genadig, verdraagsaam, liefdevol en nederig. Indien arrogansie of haat probeer om deur jou te manifesteer, weier dit en verklaar: “ek is nie arrogant nie; ek is nederig. Ek is vol van die liefde van Jesus; ek leef in sy Naam; daarom wandel en handel ek soos Hy.”
Laat die liefde van Christus, wat die band van volmaaktheid is, altyd jou hart regeer. Druk die liefdesnatuur van God mildelik uit deur jou gees en straal die prag en heerlikheid van die hemel aan jou wêreld uit.
BELYDENIS
Ek straal die liefde van God uit en vertoon dit met nederigheid, sagmoedigheid en geduld. Ek gaan met ander om met genade, sodoende vertoon ek die skoonheid en heerlikheid van die hemel aan my wêreld. Ek is nie afgunstig, jaloers, grootpraterig, trots, of hoogmoedig nie, maar toegeeflik en vriendelik, want die liefde van God is uitgestort in my hart deur die Heilige Gees. Halleluja!
VERDERE STUDIE:
Efésiërs 4:2 NIV; 1 Petrus 4:8 NIV; 1 Korinthiërs 13:4-8 NIV
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 636:
Users – 5
Guests – 631
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)