DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
BLY GEFOKUS OP DIE WEGRAPING
En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie (1 Johannes 2:28).
Die wegraping van die Kerk is nader as ooit.Ons is in die laaste oomblikke of finale “tye die tekens” van die Here se koms. Dis belangrik dat jy gereed is vir Hom. 1 Tessalonisense 4:16-17 sê die wat “in Christus” gesterf het, sal eerste opstaan en die wat in die lewe oorbly sal saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug.
Die vraag is: Is jy in Christus? Indien jy is, dan is jy een van die vele wat die Here na Hom toe neem. As jy egter nie is nie, moet jy dadelik jou hart vir Christus gee deur sy Heerskappy oor jou lewe te bely. Die Bybel sê: “…so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid” (Hebreërs 9:28).
Handelinge 1:9-11 vertel ons van sy hemelvaart. Terwyl die dissipels nog stip na die hemel staan en kyk het terwyl Hy weggaan, het twee engele aan hul verskyn en gesê: “…Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Handelinge 1:11). Hierdie is die rede waarom ons die evangelie regoor die wêreld versprei. Die wêreld het nodig om te weet dat die wegraping van die kerk op hande is; die Meester kom binnekort.
Hy het in Johannes 14:3 gesê: “…Ek (kom) weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Die Apostel Petrus, verwysend na die dag van die Here en die gebeure wat sy koms sal aankondig, het gesê: “Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?” (2 Petrus 3:10-11).
Bly gefokus op die wegraping. Leef elke dag soos een wat die Meester verwag; dra te alle tye daardie bewustheid in jou hart. Wandel in liefde. Wandel in geregtigheid. En terwyl jy jouself voorberei, help die mense om jou om ook gereed te wees deur hul God se Woord te leer.
GEBED
Ek is waaksaam in die gees, ywerig vir goeie werke en ek word aangedryf deur die Meester se liefde, sy Woord en my verwagting dat Hy binnekort weer sal kom. Ek is heeltemal oortuig dat die evangelie God se reddende krag is vir elkeen wat glo; ek is vasberade in my strewe vir die siele van mense. Terwyl hierdie heerlike evangelie regoor die wêreld verkondig word, word baie mense vandag uit die koninkryk van die duisternis weggeruk tot in die glorieryke vryheid van die seuns van God. Halleluja!
VERDERE STUDIE:
Matthéüs 24:14; Romeine 13:11-14
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 245:
Users – 0
Guests – 245
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)