DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
FOKUS DAAROP OM SY DROOM TE VERVUL
Hou op om die dinge van die wêreld lief te hê. As iemand die wêreld lief het is hy beslis nie ook lief vir die Vader nie. Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld (1 Johannes 2:15-16 NLV).
Daar bestaan geen twyfel dat die Here se koms nader is as ooit. Maar die Bybel sê: “…Die Dag van die Here sal nie aanbreek voordat die opstand eers gekom en die wettelose mens, die mens wat vernietiging bring, na vore getree het nie” (2 Tessalonisense 2:3 NLV). Die Amplified Classic Bible stel dit so: “…for that day will not come except the apostasy comes first [unless the predicted great falling away of those who have professed to be Christians has come], and the man of lawlessness (sin) is revealed, who is the son of doom (of perdition).”
Dit beteken daar sal mense wees wat die geloof bely het — Christene geword het — maar sal wegval van die geloof, daar sal ’n afvalligheid wees—mense wat hul geloof in Jesus prysgee, uit eie keuse. Dit is alreeds besig om te gebeur en die hoofrede daarvoor is die sorge van die wêreld; die bedrieglikheid van rykdom en die begeerte na ander dinge. So, waarna kyk God en hoe moet jy wandel in hierdie eindtyd? Watter keuses moet jy maak?
Sy raad lees ons in die openingsvers. Bly in Christus! Fokus op die dinge van die Koninkryk en nie op die vlietende plesier van die wêreld nie. Kolossense 3:1-2 (AFR83) sê dit so mooi: “Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.”
Fokus jou energie daarop om God se droom te vervul. Sy visie van die uitbreiding van die Koninkryk en wêreld-evangelisasie. Weier om een van hulle te wees wat vasklou aan die dinge van die wêreld, slegs besorg oor jou persoonlike aanwins en gerief. Verower deur die gees van die wêreld. Jesus het gesê: “Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?” (Markus 8:36 NLV). Dit is so belangrik dat jy jou lewe lei, gevestig in Christus — diep gewortel en gevestig in Hom. Bly standvastig en bly staande; doen die Here se werk met vreugde. Halleluja!
BELYDENIS
Liewe Vader, dankie dat U my geroep het met ’n heilige roeping en dat U my innerlike krag gee om te lewe vir U. Ek is diep gewortel en gegrond in Christus. Ek het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig. My enigste passie is die uitbreiding van die Koninkryk, die verkondiging van Christus se liefde en sy redding tot aan die uithoeke van die aarde. Halleluja!
VERDERE STUDIE:
Openbaring 3:11-13
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 234:
Users – 4
Guests – 230
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)