DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE KERK IS DIE HERE SE SKAT
En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie (Matteus 16:18).
In Matteus 13:44 het Jesus gesê: “God se koninkryk is soos ’n skat wat in ’n stuk grond weggesteek lê. Iemand kry dit daar, maar steek dit dadelik weer weg. Oorstelp van blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop daardie stuk grond.” Jesus het die hele veld gekoop vanweë die skat in die veld. Die skat is die Kerk en die veld is die wêreld.
Jesus het met sy eie bloed vir die hele wêreld betaal, as gevolg van die Kerk; Hy het alles gegee. Dit sê vir ons wat die Satan wil hê. Wanneer hy krisisse in die wêreld skep of inisieer, is sy oë op God se kinders, die Kerk, gerig. Sy einddoel is altyd om agter die Kerk van Jesus Christus aan te gaan. Hy is heeltemal gekant daarteen dat God se mense Hom vryelik mag dien en aanbid. Maar hy is ’n mislukking.
Waarom is die Satan so gekant teen die Kerk? Want die kerk – ek en jy – het dit wat die Satan van die begin af begeer het. Hy het gesê: “…Soos die Allerhoogste sal ek word” (Jesaja 14:14), maar hy kon nie. Inteendeel, hy is uit die hemel uitgeskop. Toe vind hy uit dat die Kerk wat Jesus geskep het, God se Naam, God se troon – Sy setel – met Hom sou deel!
Vandag is ons één met God op grond van Christus se liefde. Jesus het gesê: Ek sal my kerk bou en die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Dit is ’n waarheid wat nie weerlê kan word nie. Halleluja! Daar is geen mag in die heelal wat teen die Kerk kan staan nie. Moenie die Kerk as ’n blote organisasie sien nie; dit is die heilige liggaam van Jesus Christus — sy duur pêrel.
BELYDENIS
Die Kerk van Jesus Christus maak impak met groot heerlikheid, groter vermoë en onstuitbare invloed. Ons gee geen vastrapplek aan die Satan nie, want Hy wat in ons is is groter as hy wat in die wêreld is. Christene regoor die wêreld is op hulle hoede en kortwiek voortdurend al die Satan se strategieë en maneuvers teen die Kerk, in Jesus se Naam, Amen.
VERDERE STUDIE:
Exodus 19:5; Titus 2:14; 1 Petrus 2:9 AMPC
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 299:
Users – 3
Guests – 296
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)