DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
EENVOUDIGE INSTRUKSIES DEUR DIE GEES
Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:
“Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare” (Sagaria 4:6).
‘n Sekere man het ‘n winkel in ‘n landelike gebied gehad. Op ’n stadium wou hy ook, sy vriende, stad toe trek. Maar eendag, terwyl hy bid, hoor hy by die Here sê: “Bly hier.” En hy bly toe. Twee jaar later word ’n kontrak deur die regering geteken om die pad in die area te ontwikkel.
Die pad is gebou en ontwikkel en ’n nuwe dorp vol uitgewekenes is in die area gevestig. Sy winkel word toe dié strategiese hoekwinkel waar almal kom koop. Skielik begin sy besigheid floreer, omdat dit die enigste winkel in die area was. En sommer gou was dít wat geleë was in ’n vervalle systraatjie, ’n vername handelshuis waar almal besigheid kom doen het. Meeste van sy vriende wat stad toe getrek het, het begin terugkom, maar hy het reeds die grootste aandeel in die mark gehad. ’n Paar jaar later het hy sy besigheid uitgebrei na ’n reeks groot kettingwinkels.
Dit maak nie saak wie jy is nie, God weet van jou en sal sy genade in jou rigting kanaliseer solank jy net in sy Woord bly. Ons temavers sê: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.” Waar ook al Hy vir jou sê om te bly, is waar jy moet wees. Hy het vir Isak gesê om in Gerar te bly alhoewel ander weggetrek het as gevolg van die hongersnood. Die Bybel sê: “So het Isak dan in Gerar gebly” (Genesis 26:6). Hy was op God se plek, in God se tyd, vir God se doeleindes, op God se manier.
Lees bietjie in die 12e vers wat die resultaat van Isak se gehoorsaamheid was: “Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.” Die man het by God gehoor en dit het sy lewenskoers verander. Dit word die seën van God genoem! Moenie van werk of besigheid verander net omdat jy dink die veld, of weiding is groener aan die ander kant nie. Hoor by God. Wees gelei deur die Heilige Gees. Dit is die weg tot ware sukses en vordering van heerlikheid tot heerlikheid.
GEBED
Regverdige Vader, dankie vir die leiding van u Woord en u Gees in my lewe. U lei my gedurig, versadig my siel in tye van droogte en maak my bene vet. Ek wandel volgens u instruksies en beginsels en vervul my doel terwyl ek grootheid, voorspoed, sukses en oorwinning openbaar, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
Psalm 32:8; Spreuke 3:5-6; Jesaja 30:21
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 666:
Users – 5
Guests – 661
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)