DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DAAR IS VALSE BROEDERS
En dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring (Galasiërs 2:4).
Die Bybel vertel ons van die volgende drie groepe: valse leraars, valse profete en valse broeders. Dit wys ons ook duidelik wat die verskillende dinge is wat hulle in die eindtyd doen. Kan daar werklik valse broeders in die Kerk wees? Definitief! Valse broeders is hulle wat tussen God se mense inkom, nie uit hulle liefde vir Jesus Christus nie, maar met ’n ander doel.
Ons openingsvers sê dat hulle onverwags inkom om ons vryheid in Christus Jesus te bespied, sodat hulle ons in slawerny kan bind. Hulle hou ’n valse beeld voor om voordeel te trek. Die Bybel sê: “…en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek…” (2 Petrus 2:3).
Valse broeders soek altyd na maniere om geld te maak uit hulle broers. Hulle is egter diegene wat nooit hulle tiendes of offerande gee in die kerk nie. Hulle doel is om ‘verbruiksartikels’ te maak uit die broers. Hulle sal enigiets doen vir geld, ook die pastoor, leiers, of selfs die Kerk te verraai. Dit is hulle wat die kerk se sake openbaar maak, of aan gesaghebbendes, of media bekend maak, om geldelike gewin. Die Bybel sê hulle is tussen ons om op ons te spioeneer, hopende om iets te kry om ons van aan te kla.
Dit mag dalk nie so eenvoudig wees om die valse broeders te identifiseer nie, weens hulle pretensieuse optrede. Maar Jesus sê: “So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken” (Matteus 7:20). Een van die identifiserende tekens van valse broeders is dat hulle gesag teenstaan. Hulle sal probeer om ander te oorreed om nie alles te glo wat die pastoor, of leiers van die kerk, sê nie. Indien hulle hoor dat jy pastorale raad wil kry vir iets persoonliks, byvoorbeeld, sal hulle probeer om die idee af te maak en jou naïef te laat voel.
God se raad aan ons oor valse broeders is dat ons hulle moet merk en nie met hulle moet assosieer nie, weens hulle korrupte assosiasies. Menige ware Christene het weggeval van die geloof weens sulke onegte assosiasies. Doen dus wat die Woord sê: “… onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel…” (2 Tessalonisense 3:6).
GEBED
Dankie Here dat ek deur die Gees hierdie foutiewe gees kan identifiseer en met wysheid optree. Die Woord lei my op die regte weë en in al my verhoudings. Ek word gelei in die rigting van u perfekte wil vir en doel met my lewe, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
2 Johannes 1:9-10; 2 Thessalonicense 3:6 AMPC
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 53:
Users – 0
Guests – 53
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)