DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JESUS IS DIE AFDRUKSEL VAN GOD SE WESE
Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? (Johannes 14:8-9).
Die Bybel sê dat die volheid van die Godheid liggaamlik in Jesus woon (Kolossense 2:9),
wat beteken dat enige iemand wat wil weet hoe God lyk, na Jesus moet kyk. Geen wonder dat Jesus vir Filippus gesê het “…Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.” Jesus is die afdruksel van die Vader se wese.
Sommige mense glo dat daar drie trone in die hemel is: een vir die Vader, een vir die Seun, Jesus en dan nog een vir die Heilige Gees, maar dit is nie waar nie. Die Vader het Jesus met blydskap aangewys as die erfgenaam van alles, insluitend sy troon.
Dus is daar in die hemel slegs een troon en Jesus is die een wat op daardie troon sit. Waar is die Vader dan? Hy is in Jesus! Die Bybel sê dit het die Vader behaag dat in Hom (Jesus) die ganse volheid sou woon (Kolossense 1:19). Dan laat Kolossense 2:9 ons weet dat al die volheid van die Godheid liggaamlik in Hom (Jesus) woon. As jy Jesus gesien het, het jy die Vader gesien.
Geen wonder dat toe Hy in Johannes 10:30 gesê het: “Ek en die Vader is een” die Jode klippe opgetel het en Hom wou stenig nie, hoekom? Hulle het gesê dat Hy Homself gelykgestel het met God: “…oor godslastering, en omdat U wat ’n mens is, Uself God maak” (Johannes 10:33).
Die Jode het verstaan wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het: “Ek en die Vader is een.” Maar hulle het sy woorde as godslasterlik beskou, omdat hulle nie geweet het wie Hy was nie. Jesus is die verpersoonliking van die Godheid. Wanneer jy Jesus sien, hoef jy nie te soek na die Vader en die Heilige Gees nie. Jesus is die volmaakte beeld en ikoon van die Godheid. Hy is die uitdrukking van God se heerlikheid en Hy het die uitstekendste naam in die hemel en op aarde geërf. Filippense 2:9-11 verklaar: “Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.” Hy is die Koning van konings en die Heer van here. Halleluja!
GEBED
Liewe Heer Jesus, al die heerlikheid, eer en majesteit kom U toe. U is die Koning van heerlikheid, die vreugde van die hemel en die helder môrester! U is die afskynsel van God se heerlikheid, die skoonheid van goddelikheid en die volmaakte afdruksel van die Vader se wese. Ek aanbid U en het U lief my kosbare verlosser, want daar is niemand soos U nie! Mag u koninkryk op aarde regeer en vir altyd in die harte van alle mense gevestig wees. Amen.
VERDERE STUDIE:
Hebreërs 1:1-3; Kolossense 2:9
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 379:
Users – 6
Guests – 373
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)