DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JESUS SELF IS GOD
Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik (Kolossense 2:9).
Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy aan sy dissipels verskyn. Maar een van hulle, Tomas, was nie by nie, daarom het hy Jesus se opstanding betwyfel. Toe het Jesus by ’n ander geleentheid aan die dissipels verskyn en hierdie keer was Tomas teenwoordig en Jesus het met hom gepraat. Hy het vir Tomas gesê: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; en hou op ongelowig wees, maar word gelowig!” (Johannes 20:27).
Tomas het sy hand uitgestrek en die gate in die Meester se hand en ook die sny in sy sy gevoel. In verwondering het Tomas uitgeroep: “My Here en my God!” (Johannes 20:28)! Toe Tomas vir Jesus as God aangespreek het, het Jesus nie gesê: “Nee, Tomas, moenie my God noem nie; jy gaan nou te vêr” nie. Hy het dit aanvaar, want Tomas het die waarheid gepraat. Jesus is self God.
He is die God wat in die brandende bos met Moses gepraat het. Hy is die Een wat Abraham uit Haran geroep en gesê het: “Ek is God die Almagtige. Lewe in my teenwoordigheid en wees opreg” (Genesis 17:1). Hy was die Een wat voor Josua gestaan en gesê het: “Trek uit jou sandale. Die plek waarop jy staan, is heilige grond” (Eksodus 3:5).
Jesus is God in ’n menslike liggaam, maar mense het dit nie geweet nie. Hy is Adonai, die Here, God! Hy was die Een wat vir Moses gesê het: “Ek het My aan Abraham, Isak en Jakob voorgestel as ‘God die Almagtige’. Hulle het My nie geken as ‘die Here’ nie” (Eksodus 6:3). Jehova is Jahwe. Dit is waarom die Joodse mense dit moeilik gevind het om Jesus eenvoudig te aanvaar, want dan sou hulle moes bely dat Hy Adonai is, wie Hy is. Hulle het die implikasie daarvan verstaan.
Dink daaraan: daardie skynbaar gewone man van Galilea was in der waarheid God Almagtig wat in die strate van Israel loop! Hulle kon dit nie aanvaar nie. Hulle het Hom ter dood veroordeel, maar Hy het sy lewe neergelê as die lam vir hulle verlossing. Die Bybel sê: “Maar toe Hy wel in die wêreld was – dié wêreld wat deur Hom ontstaan het – het die mensdom Hom tog nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aanvaar nie” (Johannes 1:10-11).
Die Apostel Paulus vertel ons dat die volheid van die Godheid liggaamlik in Hom woon. Wanneer jy Jesus sien, hoef jy nie te soek na die Heilige Gees of die Vader nie, Hy is die volkome verpersoonliking van Godheid.
GEBED
Kosbare Here Jesus, U is my Here en my God! U is my lewe, die Een vir wie ek leef; U is my alles en die rede vir my bestaan. Ek aanbid U vir wie U is en dank U dat U uself vandag aan my openbaar. Amen.
VERDERE STUDIE:
Johannes 1:1-3
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 377:
Users – 6
Guests – 371
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)