DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JY BESIT DIE WÊRELD
Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: ‘Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle meedeel’ (Johannes 16:15).
Niemand het soos Jesus gepraat nie. Stel jou voor sy gewaagde woorde in die bogenoemde vers! Hy het gesê: “Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My.” Die mooi ding is dat Hy dit vir jou ook so gemaak het. Romeine 8:17 sê dat jy ’n erfgenaam van God is en mede-erfgenaam met Christus is. Halleluja!
In 1 Korintiërs 3:21 het die apostel Paulus gesê: “Moet julle dus nie daarop beroem dat julle volgelinge van een spesifieke leier is nie. Alles is immers julle s’n.” In die 22ste vers sê Hy die wêreld is joune. Hoe kan iemand dit weet en gebrek ly? Petrus het dit verstaan en verklaar: “Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang!” (2 Petrus 1:3).
As jy hierdie waarheid sou aanvaar, dit oordink en uitleef, sal jy deur niks geïntimideer word nie, hetsy omstandighede, magte, of regerings. Jy sal gróót dink, want jy weet dat die wêreld, in Christus Jesus, aan jou behoort.
Interessant genoeg, het Hy nie gesê dat die wêreld aan diegene behoort wat in die “beste” lande van die wêreld woon nie. Dink daaraan: waar is Jesus gebore? In ’n baie klein dorpie in ’n klein landjie. Maar vanuit daardie klein landjie het Hy die wêreld oorheers. Hy het vir sy dissipels gesê: “…skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin” (Johannes 16:33). Hy kon nie beperk word deur sy aardse geboorte of geografiese ligging nie.
Jou sukses of grootheid het niks te doen met waar jy woon, waar jy gebore is, wie jou ouers is of die werk wat jy doen nie. Dit gaan oor wie jy in Christus is. As erfgename van die Soewereine God verklaar die Woord dat alles aan jou behoort; hê hierdie bewustheid en leef elke dag in heerskappy en selfvoorsiening.
BELYDENIS
God se krag het my alles gegee wat betrekking het op die lewe en godsvrug. Ek het geen gebrek of behoefte nie. Ek is die nageslag van Abraham, daarom is die wêreld myne; alles is myne, want ek is ’n erfgenaam van God en ’n mede-erfgenaam met Christus. Geseënd is God!
VERDERE STUDIE:
1 Korinthiërs 3:21-23; 2 Petrus 1:3
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 651:
Users – 5
Guests – 646
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)