DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
NEEM JOU PLEK AS KONING PRIESTER IN
Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie — van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof (Jesaja 60:18).
Die vlaag van boosheid, goddeloosheid en misleiding wat vandag deur die Satan en sy trawante in die wêreld aangehits word, is iets waardeur slegs die Kerk van Christus Jesus kan sny. In die hedendaagse wêreld is ons die weerstandbiedende mag teen die kwaad. Ons het vandag die gesag in Jesus se Naam om sataniese aktiwiteite te verhinder. Deur gebed kan ons God se geregtigheid vestig op plekke wat deur die agente van die duister en duiwelse owerhede oorheers word. Moenie sit en niksdoen nie; neem jou plek in as koning-priester wat saam met die Here sy wil laat geskiet op aarde.
Lees die Psalmis se inspirerende woorde oor jou roeping; die eer en die voorreg behoort aan ons, God se gesante: “Laat die gunsgenote juig in heerlikheid … Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ’n tweesnydende swaard in hulle hand; om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie; om ’n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. ’n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!” (Psalm 149:5-9).
Verklaar sommer nou met vrymoedigheid dat die goddelose geeste wat verantwoordelik is vir die opstand en boosheid in die nasies van die wêreld onttroon word; hulle word afgesny en God se heerlikheid regeer oor die aarde. Neem ’n oomblik om vurig in die gees te bid en bevestig dat almal wat die bose agenda van die antichris ondersteun of aanmoedig, se dwaasheid op die lappe kom en hulle bose werke onthul en gedwarsboom word.
In hierdie eindtyd sal God se mense aanhoudend sy geregtigheid verklaar, met oorgawe meer en meer siele tot verlossing in Christus Jesus bring. Amen.
GEBED
Liewe Vader, ek neem my plek in as koning-priester om verandering te bring regoor die wêreld. Ek beëindig die bose gekonkel en maneuvers van die Satan en verklaar dat die lig van die evangelie heerlik skyn regoor die wêreld en dat baie mense wat tot dus ver op die pad van verwoesting was, nou van die duisternis na die lig gebring word. Hulle word ook deelhebbers aan God se genade, liefde en geregtigheid, in Jesus se Naam. Amen!
VERDERE STUDIE:
Openbaring 1:6; 1 Timótheüs 2:1-3; Psalm 37:1-2 AMPC
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 213:
Users – 4
Guests – 209
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)