DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
OM ANGSTIGHEID TE OORWIN
Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie:
“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen” (Filippense 4:6).
Baie mense regoor die wêreld is vandag baie bang, nie net oor die toekoms nie, maar selfs oor die hede. Daar is vrees en verskrikking, maar die woord ‘skrik’ is niks nuuts nie. As jy die Bybel bestudeer sal jy verbaas wees hoeveel keer dit oor verskrikking praat. Nietemin het Jesus ons verseker van oorwinning oor alle krisisse. Hy het in Johannes 16:33 gesê: “…In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”
Jy hoef oor niks angstig of paniekbevange te raak nie; jy het reeds die Satan, die wêreld en alle krisisse oorwin: “Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon” (1 Johannes 4:4). Hou dus op vrees. Hou op angstig wees. Angs verwys na bekommernis; dit is ’n toestand van senuweeagtigheid. Maar ons temavers sê: “Moet oor niks bekommerd wees nie…”
As jy sê: “Maar ek kan nie help om bekommerd te wees nie,” beskuldig jy God daarvan dat Hy vir jou lieg. Jy beskuldig Hom dat Hy jou gevra het om iets te doen wat jy nie kan doen nie. Die feit dat Hy sê: ‘Moenie angstig wees nie’, beteken dat jy sonder angs kan leef. Jou antwoord moet dus wees: “Prys die Here! Ek leef in Christus se vrede en voorsiening; ek is nie angstig nie! Hy het alles aangaande my vervolmaak. Halleluja!” Dit is hoe jy op God reageer.
Weier om angstig te wees oor jou seun, jou dogter, jou man, jou vrou, jou broer, jou suster, jou huishuur, jou gesondheid, jou werk, besigheid, opvoeding, of oor enige iets. As jy dit doen, sê die Bybel, dat die vrede van God wat menslike verstand te bowe gaan, jou hart en siel sal bewaak, in Christus Jesus (Filippense 4:7).
GEBED
Liewe Heer, dankie vir u Woord wat geloof in my hart opwek en vrees en angs verdryf. Ek verwerp alle gedagtes van vrees, want ek is beskerm teen die pyn en duisternis in die wêreld. Groter is Hy wat in my is, as hy wat in die wêreld is. Ek is vol van krag deur die Gees van die Here, want die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, bewaak my hart en gedagtes in Jesus se Naam. Amen
VERDERE STUDIE:
Deuterónomium 31:6; 2 Timótheüs 1:7; Matthéüs 6:25-26 (AMPC)
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 1434:
Users – 3
Guests – 1431
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)