DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONS EENHEID MET DIE VADER
Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom (1 Korintiërs 6:17).
As jy wedergebore is en die Heilige Gees ontvang het beteken dit jy is een met die Hy het in jou kom woon en gemeng met jou gees. Sy doel, van die grondlegging van die wêreld af, was om onafskeidbaar een met jou te wees. Hy is een met Jesus. Hy was sodanig een met Jesus dat, toe Filippus in Johannes 14 vir Jesus gevra het: “Wys vir ons die Vader en dit is vir ons genoeg.” Sy antwoord aan Filippus was: “Ek is al so lank by julle en ken jy my nie, Filippus?” Toe voeg Hy by: “Enige een wat my gesien het, het die Vader gesien. Ek is in die Vader en die Vader is in my.”
Hy wou hê ons moes sy eenheid met die Vader verstaan en daardie eenheid met die Vader is waartoe Hy ons gebring het. 1 Johannes 1:3 sê vir ons: “… waarlik ons gemeenskap (ons eenheid,) is met die Vader en met Sy seun Jesus Christus.”
Jesus het hieroor gebid voor Hy na die Kruis gegaan het. Met verwysing na al diegene wat in Hom glo het Hy gesê: “Dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader in my is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees…’’ (Johannes 17:21). Hy wou so graag hê ons moes onafskeidbaar een met Hom wees en die Vader, sodat niks in die wêreld ons van Hom kon skei nie. En dit is wat gebeur het. Selfs die engele is meegevoer hierdeur, want hul kyk nou na ons en sien Jesus! Dit is Christenskap—Christus in jou. Die Vader se Koninkryk aan die werk in jou. Halleluja!
1 Korinthiërs 1:9 sê: “God is getrou, by Wie julle geroep is in die gemeenskap van Sy Seun Jesus Christus, ons Here.” Dit is al wat God ooit wou gehad het, maar dit was ’n geheimenis van die grondlegging van die wêreld af (Kolossense 1:26-27). Maar prys God! Die Here Jesus het ons sy lewe gegee om dit moontlik te maak. Nou, behoort alles wat aan die Vader behoort aan ons, want ons is een met Hom. Jy is sy erfgenaam en mede-erfgenaam met Christus. Halleluja!
GEBED
Dierbare Vader, wat ’n groot eer en voorreg om onafskeidbaar een met U te wees. Ek sal altyd ’n oorwinnaar wees en wandel volgens u volmaakte wil vir my, want U lei my in alle waarheid. Dankie vir die leiding en seëninge wat ek deur die Gees ontvang. In Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
Efésiërs 5:30; Kolossense 1:18; Johannes 15:5 AMPC
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 1422:
Users – 6
Guests – 1416
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)