DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONS IS PELGRIMS OP DIE AARDE
As julle uit die wêreld ontstaan het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie uit die wêreld ontstaan het nie, maar Ek julle uitgekies het uit die wêreld – daarom haat die wêreld julle (Johannes 15:19).
In Ester se tyd het die Jode in ’n vreemde land, ’n land van hulle ballingskap, gemaklik geraak. Hulle het vryheid geniet in die land en was gemaklik daar, totdat Haman, ’n invloedryke, maar goddelose man in die koninkryk (’n vriend van die koning) hulle probeer uitwis het.
Koning Ester was heeltemal onbewus van Haman se haat vir en plan om die Jode te vernietig. Sy het ’n aangrypende boodskap van haar oom, Mordegai, ontvang oor Haman se bose komplot. Sy het vinnig ingegryp en het regoor die land, vir al die Jode, ’n tyd om te vas en bid verklaar (Ester 4:16). Natuurlik het God hulle gebede verhoor en hulle uit die hand van die goddelose Haman verlos.
Soms kan jy so jou vryheid op aarde geniet dat jy vergeet dat jy in ’n ‘vreemde land’ is, ’n pelgrim hier op aarde. Dit het al met baie mense gebeur; hulle het meer op die reis as op die eindbestemming gefokus. Sommige Christene word deur die dinge van die wêreld weggevoer en afgelei en raak selfvoldaan. Tog het Jesus gesê: “Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?” (Markus 8:36).
Wees ten volle toegewy aan die Here; laat die gewigtiger sake van die Koninkryk jou inspireer tot optrede. Wen siele. Waak en bid soos Jesus gesê het om te doen. Bid vir jou volk dat die evangelie met vrye gang sal versprei en met eerbied ontvang en aangegryp sal word.
Daar is sekere lande waar die evangelie jare gelede floreer het, maar vandag laat daardie selfde nasies nie die verkondiging van die evangelie toe nie en vervolg Christene heftig. Wat het gebeur? Die antwoord is eenvoudig: die Christene in daardie lande het nie gedoen wat Jesus gesê het om te doen nie: ‘Wees waaksaam en bid …’ (Matteus 26:41).
Ons moet ons doel onthou; die rede waarom ons hier is en dit net vir ’n wyle. Ons is ambassadeurs van God wat uit die hemelse Koninkryk gestuur is om siele te red op die aarde. Daarom, soos die Bybel sê: “… streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie” (Kolossense 3:1-2).
BELYDENIS
Ek is van bo en is bewus daarvan. Regoor die wêreld word deure vir geleenthede vir bediening oopgemaak en God se kinders word toegelaat om die evangelie van Christus onverhinderd, met krag en effektiwiteit, te verkondig, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
Handelinge 26:16; Kolossense 4:2-4; Hebreërs 11:13
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 355:
Users – 3
Guests – 352
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)