DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONTDEK JOUSELF IN HOM
Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God: Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie; Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie (Romeine 10:20).
Jy mag sê: “Maar Jeremia 29:13-14 sê: “As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here. “Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer. Ek sal julle versamel tussen al die nasies waar julle nou is en uit al die plekke waarheen Ek julle verban het,” sê die Here. “Ek sal julle weer terugbring na die plekke waarvandaan Ek julle in ballingskap laat gaan het.” Hierdie skrif is nie vir die Christen nie. As jy wedergebore is, is jy nie in gevangenskap nie. Jeremia het na Israel verwys. Moenie ’n Ou Testamentiese lewe in die Nuwe Testament lei nie. Hou op om na God te soek! Hy woon in jou.
Kolossense 2:6 sê, as ons Christus Jesus die Here ontvang het, moet ons in Hom bly woon. Daarom soek ons nie na Hom nie; ons het Hom. Ons is suksesvol, want ons is uit Hom gebore, in sy teenwoordigheid. Ons probeer nie by sy teenwoordigheid indruk nie.
Christenskap gaan nie daaroor om in God se teenwoordigheid in te druk nie; Christenskap dra God se teenwoordigheid. Jy is sy lewende tent van getuienis. As jy enige plek aankom, arriveer God se teenwoordigheid! Jy is “die teenwoordigheid.” Halleluja! Paulus het gesê dat ons die geur van sy kennis oral openbaar (2 Korintiërs 2:14). Wanneer jy opdaag, verskyn Hy, want jy is één met Hom.
Die oomblik wanneer jy dit besef, is jou soektog verby. Van daardie oomblik af verander jou aanbidding; jou gebedslewe verander; jou geloofslewe verander; alles verander! Jy sal agterkom dat jy vier en twintig uur per dag, elke dag van jou lewe in vervulling leef en Hom in alles behaag. Geseënd is sy Naam vir ewig!
GEBED
Dierbare Vader, dankie dat U alles wat ek ooit in die lewe nodig sou hê, in Christus is en Christus is in my, en om Christus te hê, is om alles te hê. Dankie vir die voorreg om lid te wees van sy liggaam, van sy vlees en van sy gebeente! Christus in my is my versekering van ’n lewe van voortdurende oorwinning en ewige sukses. Halleluja!
VERDERE STUDIE:
1 Korinthiërs 6:17; Kolossense 1:27
Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by:
www.rhapsodyofrealities.org
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 369:
Users – 6
Guests – 363
Archives
- December 2021 (3)
- May 2021 (3)
- April 2021 (4)
- February 2021 (10)
- January 2021 (49)
- December 2020 (67)
- November 2020 (7)
- October 2020 (65)
- September 2020 (67)
- August 2020 (38)
- July 2020 (76)
- June 2020 (32)
- May 2020 (50)
- April 2020 (18)
- March 2020 (6)
- February 2020 (36)
- January 2020 (53)
- December 2019 (2)
Advertise here:
Categories
- Afrikaanse Nuus (205)
- Dagstukkies Bybel (182)
- Gebed Vir Die Dag (21)
- Kerk Nuus (1)
- Musiek en Kuns Nuus (1)
- Anker vir die dag Anchor for the day (95)
- Bid vir Suid Afrika Pray for South Africa (2)
- Corona Virus Nuus News (37)
- Ekonomie Nuus Economy News (1)
- English News (226)
- Daily Devotional (204)
- Music & Art News (1)
- Prayer For Today (21)
- Gebeure Events (1)
- Gees Spirit (3)
- Kerk Nuus Church News (36)
- Krag vir die dag Encouragement for the day (3)
- Musiek & Kuns Nuus Music & Art News (4)
- SA Nuus News (36)
- Sport Nuus Sports News (1)
- Tegnologie Techonology (6)
- Uncategorized (12)
- Weer Weather (2)
- Wêreld Nuus World News (8)